Tiener met mes by Stellenbosch-skool aangeval

Argieffoto

ʼn 16-jarige is Dinsdagoggend na ʼn hospitaal geneem ná hy met ʼn mes gesteek is by ʼn skool in Stellenbosch in die Wes-Kaap.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 11:00 by die toneel opgedaag. Veiligheidsbeamptes was reeds op die toneel.

“Die seun het ʼn meswond in sy rug en gesig opgedoen. Hy is op die toneel behandel en na ʼn provinsiale hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Christa ·

Kan die skole nie metaalverklikkers by skoolhekke installer nie. Daar is Al so Baie geweld by skole gepleeg dat daar mos Al lankal drastiese stappe gedoen Moes gewees het.

JohanR ·

Wat het geword daarvan om jou verskille met breektyd, daar agter die gimnasium uit te sorteer met vuiste. ‘n Paar doef doef doefs….een gee bes, en julle gaan almal terug klas kamer toe, en nie hospitaal of lykhuis toe nie. Nou trek hulle messe, pangas en geweere uit om hulle verskille uit te sorteer. Oor tien jaar sal elke ou seker opdaag met sy eie tenk!

Michael P ·

Johan wat van oor 3 jaar daag hulle met AK 47 by die skole op.

Yvonne ·

Kan met jou saamstem , maar moet nie vergeet dat vandag se jong kinders blootgestel word aan oorsese invloed ( alles van musiek to tegnologiese speletjies)Dit lyk of kinders glo dat geweld enige probleem gaan oplos en deur iemand te dood of seer te maak van jou ‘n super hero maak . Kyk maar na die X Box speletjies wat sommige kinders speel. Die probleem in ons skole is ‘n kombinasie van verskillende elemente wat, ek glo, alles in mekaar getuimel het die dag to ouers se reg om te dissiplineer ingekort is.

Lena Jonk ·

Waar is al die sielkundiges nou wat lyfstraf afgeskaf het, bring hulle in. Ek se nie kinders moet half vermink of buite perke geslaan word nie maar toe lyfstraf nog daar was, het kinders geweet om hulle te gedra en elke snotneusie het nie wapens en messe gedra nie.

Dries Moolman ·

Ek sien maar min dat die Suid-Afrikaners wat so aangaan en aangaan en aangaan elke keer as daar ‘n skietery by ‘n skool in Amerika is, en dan vir Trump vloek oor ‘gun control’, ooit iets se oor al die mes aanvalle in ons eie plaaslike skole. Die logika agter die argumente haak maar so bietjie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.