Tiener ná brand vas vir moord op vrou

Itumeleng Khune, Bafana-doelwagter, en sy suster Meiki. (Foto: Facebook)

Nadat die polisie aanvanklik ʼn geregtelike doodsondersoek gedoen het na die dood van ʼn vrou wie se verbrande liggaam in ʼn huis op Ventersdorp, Noordwes, gekry is, word ʼn 17-jarige seun nou van haar moord aangekla.

Mapula (Meiki) Khune is die suster van Itumeleng Khune, doelwagter van Bafana Bafana.

Die 27-jarige Khune se liggaam is Donderdag omstreeks 05:00 in ʼn kamer aangetref nadat bure rook uit die huis in Tshing sien trek het, sê kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes.

Die nooddienste is ontbied en moes ʼn deur na die agterkamer oopbreek waarna hulle op Khune se erg verbrande liggaam op die bed afgekom het. “Slegs die agterkamer is in die brand beskadig.

“Die polisie het aanvanklik ʼn geregtelike doodsondersoek gedoen, maar nadat nog inligting versamel is, is die ondersoek na moord verander,” sê Myburgh.

Die seun is ʼn dag later aangekeer en van haar moord aangekla.

Myburgh sê verskeie aanrandingsvoorvalle is in die gebied aangemeld nadat gemeenskapspatrollielede en familielede van Khune glo mense wat hulle van Khune se moord beskuldig is, aangerand het.

Lt.genl. Sello Kwena, polisiehoof in Noordwes, het die polisie vir hul ondersoekwerk en die vinnige inhegtenisneming geloof. Hy het die voorvalle van geweld veroordeel en mense gewaarsku om nie die reg in eie hande te neem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

Dis nou ramaphosa se peace loving law abiding our people who just want land and everything will be OK.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.