Tiener naby skool deur honde aangeval

Elrica-Joane saam en haar boeties: (Inlas) Alex en Jacques. Foto: Verskaf

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig mag sensitiewe lesers ontstel.

Elrica-Joane Strydom (15), ʼn leerder aan Hoërskool Ladysmith in KwaZulu-Natal, sterk by haar huis aan nadat sy Donderdag deur ʼn hond aangeval is, oomblikke nadat die skool verdaag het.

Elizna Strydom, Elrica-Joane se ma, het Vrydag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 14:40 plaasgevind.

“Elrica-Joane se boetie, Jacques (21), het buite die skool gewag om haar op te laai en na ons plaas toe te bring,” het Elizna gesê.

“Elrica-Joane was skaars oor die voetoorgang buite die skool toe daar twee boerboele op haar afstorm. Die huis oorkant die skool se elektriese hek was oop en die honde het daaruit gestorm.”

Elizna het gesê een van die boerboele het Elrica-Joane aan haar bene begin byt.

“Die ander hond was ook op pad om haar aan te val toe Jacques, wat gelukkig daar naby was, tussenbeide kon tree. Hy en omstanders kon daarin slaag om die honde van Elrica-Joane af te kry en terug in die erf in te jaag. Die hek het egter oopgebly en ʼn voertuig moes voor dit parkeer om te sorg dat die honde nie uit kom nie.”

Jacques het hulp ontbied. Die sibbe se oudste broer, Alex (24), is ʼn paramedikus van ER24 en was skaars 2 km van die toneel. Hy het haar tot hulp gesnel, vanwaar sy na ʼn dokter geneem is.

Elrica-Joane het bytmerke aan albei haar bene opgedoen. Op een van haar bene is daar weefsel van haar been af geskeur.

“Op een van haar bene moes sy 36 steke aan haar kuit kry. Wat ons egter die meeste bekommer, is dat daar geen hondsdolheidsinspuitings in Ladysmith beskikbaar is nie. Verlede Saterdag is nog ʼn dame deur ʼn hond gebyt en sy kon eers Sondag haar inspuiting kry. Die dokter het haar wonde behandel en sy moet Saterdag teruggaan vir ʼn opvolgbesoek. Hopelik sal ons dan weet of daar inspuitings beskikbaar is.”

Elizna verduidelik haar dogter is kort en skraal en “daar is omtrent niks vleis om haar bene nie”.

“Sy het baie pyn, maar onder omstandighede gaan dit goed. Sy het reeds voor die aanval ʼn vrees vir honde gehad en die voorval het haar meer getraumatiseerd gelaat.”

Die eienaar van die huis waar die honde aangehou word, mnr. Ndaba, het Vrydag aan Maroela Media gesê hy is jammer oor wat gebeur het en dat dit ʼn betreurenswaardige voorval was.

Hy het gesê hy was nie tuis toe die aanval plaasgevind het nie en weet nie hoekom die heining oop was nie.

“Al wat ek weet is dat iemand wat hout afgelewer het, my honde uitgelok het voordat die skool verdaag het. My een hond is ʼn teef wat 13 jaar oud is en die ander is ʼn reun van ses jaar oud. Die honde is voor of tydens die voorval beseer en ek moes hulle na ʼn veearts neem vir behandeling.”

Ndaba, wat nie sy naam aan Maroela Media bekend wou maak nie, het gesê sy honde is in ʼn goeie toestand en dat hulle teen hondsdolheid ingeënt is.

Elizna het gesê hulle oorweeg die moontlikheid om ʼn siviele eis in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Reinà ·

Ag nee die arme kind. Ek is so jammer sy moes deur so n trauma gaan. Ek hoop sy herstel vinnig .

Yankee ·

Ongelooflik!! Geen voorraad vir inspuiting by hospitaal!! Wat word van daardie Land.

Selfbeskikking ·

Dit gaan net erger raak daarom moet ons terwyl ons nog kan sterk onderhandel vir selfbeskikking. Ons kan ons eie, goed bestuurde, veilige land skep!

Bok ·

Eienaar kan misskien nie vir sy honde se gedrag verantwoirdelik wees nie maar beslis vir die skade wat hulle aan gerig het!!!!!
Hy sal te minste al die medies se koste moet betaal!!!!!
Hy kan ook vir pyn en lyding aan spreklik wees.
As hy honde kan aanhou kan hy die koste betaal!!!!!

Lou ·

Hoekom moet die eienaar nie in sy person verantwoordelik gehou word nie? Dis die enigste medisyne teen die aanhou van gevaarlike diere. Voor die aanval sal hulle vir jou sê: My diere is vredeliewend en goed grootgemaak en bla bla bla en jy diskrimineer teen die honde ras. Na die tyd weet hulle kwansuis nie hoekom die aanval plaasgevind het nie. So jy moet in jou persoonlike hoedangheid verantwoordelik gehou word asof jy daardie aanval self gedoen het. Dan sal die nonsense stop. As jy dan so seker is van jou saak dat jou honde nie iemand sal aanval nie goed dan. Hou hulle aan. Miskien is hulle sulke goeie honde, Maar vat dan die verantwoordelikheid.

Donald ·

Hoop sy raak gou beter. Wel ek verkies my honde vieslik en gevaarlik teen oor vreemdelinge. Dit hou die gemors uit my erf. Dit is my verantwoordelik om te sorg dat hulle nie uit die erf kan ontsnap nie. Doen hulle dit wel sal ek die skuld vir `n aanval moet dra. Dit is nou maar die kans wat ek moet neem vir my en my familie se veiligheid in heedendaagse SA.

Oom Kalahari ·

Dit moes vreesaanjaend vir die jong dogter gewees het. Gelukkig was haar broer naby om te help asook die ander broer met Ambulans wat ook gou kon help. Treurig as dinge plaaslik so gaan sonder die nodige mediese voorraad. Eis vir jul kind se mediese koste asook pyn en leiding en sy gaan lewenslank merke (scars) op haar liggaam oorhou asook vrese vir honde in toekoms.

Hmmmm ·

As dit pitbulls was, was hulle sumier uitgesit, maar die honde lewe nog?? Mense is vinnig om pitbulls te oordeel waar is hulle nou om bietjie te sien dis nie net pitbulls wat byt nie??
Mag die meisie ten volle genees

Elsabe ·

Nou gaan die diere seker van kant gemaak word.waar dit die eienaar se skuld is om hul hekke oop te los.stuur hulle vir gemeenskap dienste na n shelter om diere te versorg as n boete

Abe ·

Ek stem saam met Piet S. As n hond iemand een keer kan aanval kan hy iemand een keer dood byt.

Ek ·

Natuurlik moet die ouers eis instel teen die eienaar. Wat sou die reaksie wees was die kleur omgekeetd

Liezl ·

Hoekom kan mense nie net hul honde in hul erf hou nie. Tree n slag verantwoordelik op!!!! Sterkte vir die meisie.

Rooies ·

Natuurlik ja. Os wil beslis nie sulke honde met so n eienaar reg oorkan n skiil he nie, of is die kinders se veiligheid nie vir jou belangrik nie Anoniem?

Kassie ·

Beslis! As hier prokereurs is wat kan help, help hiermee asb.

Elsabe ·

Ai shame. Gelukkig die arme kind se broer was naby. Die persoon wat die hek oopgelos het moet verantwoording vat. Sy gaan verseker nog baie mediese hulp nodig het. Iets het die diere ontstel voor die tyd.

M ·

Ek dink om deur honde aangeval te word, moet vreesaanjaend wees. Wat my egter ook pla, is dat ek al gesien het hoe skoolkinders elke dag in ‘n straat af loop en honde by elke huis terg. Ongelukkig word die verkeerde kind altyd gebyt. Die eienaar is wel verantwoordelik vir sy honde, maar mense moet groot asseblief hulle kinders leer om nie honde te terg nie.

Hanna Hoekom ·

Mense kan my ook maar stenig, maar ek het lank in n ER by n privaat hospitaal gewerk en in 9 uit 10 gevalle van honde-aanvalle was dit Boerboelle! Selfs hul eienaars het soms deurgeloop. Jammer, ek hou nie van daardie honderas nie. Mense “cross breed” hierdie ras asof dit alledaags is. Selfs in ons familie moes 2 van hierdie honde al van kant gemaak word agv agressiewe gedrag. Nee dankie!

Anononiem ·

Hanna so bly jy noem dit. Ekself is paar jaar gelede wreed deur ‘n boerboel aangeval en verskeur. (Sterkte meisiekind glo jou wonde gaan so mooi soos myne genees.) Die plastiese chirurg en personeel het ook genoem dat dié spesie dikwels by aanvalle betrokke is. Eienaars sê dikwels dat hulle honde vredeliewend is en nog nooit iemand aangeval het nie……’n hond is en bly maar ‘n dier…..(terloops ek is mal oor honde!) Dit is nie hulle skuld as hulle op dierlike instink reageer nie. Honde is net baie gevaarliker as wat mense dink!

Cherokee ·

Vanmôre om sowat 10vm was ek lus om vir julle te vra waarom julle aanhef met honde en berig oor hond maar dit gelaat en gehoop iemand anders trap julle uit daaroor. Niemand het so hier is dit.

Francie ·

Cherokee, moenie bekommerd wees nie. Sodra die wonderwerk gebeur en dit en die ironie is dat daar heel waarskynlik nie weer ‘n berig van jou geplaas word nie. Behalwe as hulle geheue langer as 5 jaar is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.