Tiener onder keermuur in bed vasgepen

Die keermuur het laat Donderdagaand ineengestort. (Foto: Reaction Unit South Africa)

ʼn Tiener is Donderdagaand in sy bed in Waterloo, KwaZulu-Natal, dood toe ʼn keermuur op sy ouerhuis neergestort het. Die seun se ma het vermoedelik ook omgekom, nadat sy later die aand ophou om hulp roep het.

Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), sê die 16-jarige seun, sy ma en ouer broer het geslaap toe die keermuur digby hul huis op die dak neergestort het.

“ʼn Groot gedeelte van die muur het deur die dak gestort en die tiener in sy bed platgedruk en sy ma in haar slaapkamer vasgekeer.”

Die oorledene se ouer broer het ongedeerd van die voorval afgekom en Rusa-beamptes om 22:56 na die toneel ontbied.

Volgens die oorlewende seun het hul ma vir ʼn geruime tyd ná die voorval gehuil en om hulp geroep. Sy het egter later stil geraak en paramedici vermoed sy het aan haar beserings beswyk.

Reddingsdienste kon nog nie daarin slaag om die gebou binne te gaan nie aangesien dit te onstabiel is.

“Rampbestuurspanne het Vrydag nog vir gespesialiseerde toerusting gewag wat die gebou lank genoeg sal versterk om die tiener se liggaam, en waarskynlik dié van sy ma ook, uit die huis te verwyder,” het Balram gesê.

Reddingspogings sal na verwagting deur die loop van die dag voortduur.

Die rede vir die ineenstorting van die keermuur moet nog bevestig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Miskruier

Jammer vir die familie, weet net die lewe is in n oogwink verby.

Johanna

Hoe verskriklik hartseer is dit. Baie van ons lewe so in gemak en ons ken nie swaarkry ne.

Kokerboom

Jammer vir familie maar hierdie is beslis nie sinkhuisies!

Cherokee

Keermuur klink soos ‘n muur wat moet keer dat ‘n huis verswelg word. Nou klink dit asof die beskermer, die huis ingesluk het. Soveel van sulke insidente, wat beriggewing haal, gelees word en vergeet word.
As kinders, klèìn kinders(!), was die uitdrukking, die lewe is soos ‘n nickerball… hard maar lekker!
Massa van die lesers sal nie weet wat ‘n nickerball is. As jy wonder, nickerballs was 4 vir ‘n pennie en hard maar lekker..!