Tiener onthoof: Beskuldigde toon ‘psigopaat neigings’

Aljar Swartz. Foto: Catherine Rice/ANA

Aljar Swartz. Foto: Catherine Rice/ANA

Prof. Sean Kaliski, forensiese psigiater van Valkenberg, het getuig dat die beskuldigde in ʼn saak, waartydens ʼn tiener onthoof is, “baie sterk psigopatiese neigings toon”.

Kaliski het Donderdag getuig ter verswaring van vonnis in die saak teen die 19-jarige Aljar Swartz.

Swartz was 17 jaar oud toe hy Lee Adams, ʼn tiener van Ravensmead, in Oktober 2013 vermoor het.

Hy is verlede maand skuldig bevind op aanklag van die grusame onthoofding by ʼn verlate skool in Kaapstad. Wes-Kaapse hooggeregshofregter Elize Steyn het hom ook skuldig bevind op drie aanklagte van aanhitsing om moord te pleeg.

Swartz het in Februarie erken dat hy die 15-jarige Adams op 17 Oktober 2013 verwurg het. Hy het hom daarna verskeie kere met ʼn mes gesteek en uiteindelik onthoof. ʼn Veiligheidswag by die skool het op die liggaam afgekom en die kop is later in ʼn vlak graf in die beskuldigde se tuin gevind. Swartz wou glo die kop vir R5 000 aan ʼn sangoma verkoop.

Kaliski het aan die hof gesê Swartz is “duidelik nie ʼn slaaf van die waarheid nie”, aangesien hy aanvanklik enige betrokkenheid ontken, daarna erken en toe sy vriende geïmpliseer het. Hy het gesê hy is geraak deur die “kil, berekende beplanning van iets só afskuwelik”. “Dit is soos ʼn reeksmoordenaar wat ʼn trofee versamel. Dis ʼn teken van psigopatie.”

Swartz was, volgens Kaliski, “in staat om sonder enige verwyte iets verskriklik te beplan”. Hy het ook “sterk psigopatiese neigings wat oppervlakkige sjarme, ʼn gebrek aan hegte verhoudings en genadeloosheid insluit”.

Volgens Kaliski toon psigopate verskeie grade van psigopatie en sommige suksesvolle leiers en maatskappyhoofde toon psigopatiese neigings. Hy het die voorbeeld van ʼn Barclays-direkteur gebruik wat 12 jaar in die maatskappy gewerk het sonder enige kwalifikasies. “Bestaande navorsing dui daarop dat psigopate só gebore word,” het hy aan die hof gesê. “Hulle begin teen vier jaar oud tekens toon – mens kan dit op die speelgrond sien.”

Kaliski het gesê Swartz is die enigste van sy sibbe wat só is, ondanks die feit dat hy in ʼn “goeie, godsdienstige gesin” grootgeword het. Hy het aan die hof gesê psigopate reageer nie goed op rehabilitasie nie. “Hulle leer bloot hoe om beter psigopate te word.”

Hy het bygevoeg Swartz was, na sy mening ʼn volwasse 17-jarige toe hy die moord gepleeg het: “ʼn Onvolwasse persoon is impulsief, maar hy het berekend opgetree, wat dui op volwassenheid.”

Hy het ook getuig Swartz was nie geraak deur dit was “ʼn afgryslike toneel moes wees nie”.

Swartz het self opgestaan om te getuig ter versagting van vonnis. Hy het aan die hof gesê hy is ʼn Christen en vergader weekliks met ʼn geestelike werker by Pollsmoor-tronk. Hy het gesê hy was ʼn satanis toe hy 14 jaar oud was. Sy ouers het geskei toe hy ongeveer 11 jaar oud was en hy het gesê hy het baie vriende gehad in die hoërskool.

Ds. Cecil Begbie van die Metodiste Kerk het vroeër aan die hof gesê gebede het Swartz bevry van die demone wat hom gelei het om die moord te pleeg.

Die openbare galery was gepak met die slagoffer se naasbestaandes, verskeie was in pers geklee – sy gunstelingkleur.

Swartz se getuienis duur na verwagting Vrydag voort.

Lees alle vorige berigte oor Aljar Swartz op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

GES ·

Hy toon nie net psigopaat neigings nie, hy is een. So ‘n ‘mens’ moet permanent uit die samelewing verwyder word.

Tiger ·

Sluit hom toe en gooi die sleutel weg!Hy is niks werd vir die samelewing ongeag sy beweerde “christenskap”.

christine ·

Maar ly die mederheid dan nou nie aan dieselfde siekte toestand nie vra maar net.

Mel ·

Dis deesdae di “maklike uitkoms” word liewers in ‘n psigiatriese inrigting ingegooi as in ‘n tronk, daar moet rerig drasties begin opgetree word, ons land moet di doodstraf terug bring en dit toepas

Willie ·

Dood het ook n oorsaak! Die lafhartige siek spul, kannie hul Pa staan vir hulle dade nie, en dan probeer hul prokureers hul laat ligtelik wegkom met allerhande afwykings en skete… Ek is jammer maar ek sal nie so iemand kan verteenwoordig nie…

Dawie ·

Uh.. ok.. Die demone het nou verdwyn so hy sal maar moet verantwoordelikheid neem vir wat hulle dan alles aangevang het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.