Tiener onthoof: ‘Swartz ʼn gevaar vir die samelewing’

Aljar Swartz. Foto: Catherine Rice/ANA

Aljar Swartz. Foto: Catherine Rice/ANA

Die man wat skuldig bevind is aan die onthoofding van ʼn Kaapstadse tiener, is ʼn groot gevaar vir die samelewing en kan waarskynlik nie gerehabiliteer word nie.

So het maj. Hayden Knibbs, die polisie se hoof- forensiese sielkundige, Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof oor Aljar Swartz getuig.

Swartz is in Maart skuldig bevind aan die moord op Lee Adams, ʼn 15-jarige seun van Ravensmead. Swartz het erken dat hy Adams na ʼn verlate skool gelok het onder die voorwendsel dat hulle saam sou dagga rook. Hy het hom daar verskeie kere met ʼn mes gesteek, gewurg en hom uiteindelik onthoof.

Knibbs het Dinsdag getuig dat oortreders wat liggame vermink, dikwels psigopate is. Hy het die moord as ʼn “atipiese moetie-moord” beskryf wat deur gulsigheid gemotiveer is. Swartz het beplan om Adams se kop aan ʼn sangoma te verkoop vir R5 000.

Knibbs het aan die hof gesê dat Swartz hom vertel het toe hy sy slagoffer met die mes begin steek het, het die tiener aan hom gevra waarom hy dit doen en gesê hy “ken hom nie so nie”. Adams het Swartz probeer wegstoot, maar Swartz was sterker as hy en het hom met ʼn stuk draad gewurg.

Nadat hy hom onthoof het, het Swartz die kop huis toe geneem en in die huis weggesteek. Hy het toe saam met sy gesin aandete geëet. Die forensiese sielkundige het gesê Swartz het hom van die moord vertel met afgestompte emosie en op ʼn baie saaklike manier.

Volgens Kibbs was Swartz gedurende sy gesprek met hom manipulerend en het hy probeer om simpatie by hom te kry. Hy het geen berou of empatie getoon nie, maar het die blaam van homself probeer skuif deur te sê dit was sy vriende wat die slagoffer geïdentifiseer het.

Volgens Knibbs is dit hoogs waarskynlik dat Swartz, met ʼn lang geskiedenis van geweld, weer sal oortree. Toe hy 15 jaar oud was, is hy skuldig bevind aan gewapende roof met verswarende omstandighede en is hy ʼn opgeskorte vonnis gegee. Gedurende sy gevolglike ses maande lange behandeling vir woedebeheer het hy geen reaksie op die behandeling getoon nie.

Knibbs het getuig die kans is skraal dat Swartz gerehabiliteer kan word en hy het aanbeveel dat sy vonnisverslag beskikbaar gemaak word wanneer die paroolraad eendag die saak hersien.

Hy het vroeëre getuienis deur pastoor Cecil Begbie dat Swartz ten tyde van die moord deur demone beset was en sedertdien ʼn Christen geword het, verwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet J ·

Ja Maroela julle het my kommentaar verwyder dat ek gesê het ” Geen wonder dat die Ds.die demone kon verwyder het nie want daar bestaan nie ‘n satan nie en dat die sogenaamde sataniste te lafhartig is om om hulle dade te erken ” Nou kan julle sien dat Knibbs se bevinding strook met wat ek gesê het.

Veritas ·

Peet as jy glo dat Satan nie bestaan nie, glo jy ook nie in die bestaan van God nie. Maak jou maar gereed vir ‘n wrede ontnugtering.

louis ·

Peet ek voel regtig jammer vir jou. Bid dat God jou onkunde sal vergewe en nooi Jesus in jou lewe in om jou te oortuig van sonde geregtigheid en oordeel. Bid ek dat God jou by n kruispad sal ontmoet!

Peet J ·

Julle stem almal dat die satan wel bestaan en dat die hemel en aarde en alles wat daarin is deur die Almagtige God geskep is bewys nou vir my volgens die Almagtige se Woord (Genesis) dat God ‘n satan sowel as ‘n hel, waarin ek eendag gaan brand, gemaak het.

Francie ·

Hoekom die man wat op 15 reeds as nie-rehabiliteerbaar bevind, en skuldig is aan ernstige misdade, nog steeds op borgtog weer in die ssmelewing. “loslaat”?
Almal wil met Peet argumenteer. Ignoreer hom, hy weet nie regtig wat hy doen nie.

Grant ·

En weereens staan ek verstom dat sodra ‘n krimineel in die beskuldigdebank staan en in die tronk sit, hulle ewe skielik bekeer en in ‘n groot Christen ontaard. Plaas hulle die Lig gesien het voor hulle aangejaag het. En as mens so alles lees oor sogenaamde Pastore en wat hulle doen, wonder ek nog meer…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.