Tiener op bus skool toe vermoor

mesʼn Skoolleerling van die Wes-Kaap is Donderdagoggend op ʼn bus op pad skool toe met ʼn mes doodgesteek.

Kapt. Malcolm Pojie, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê Joseph Isaacs (15) het by Jonkersberg op ʼn skoolbus geklim en was op pad na Hoërskool Groot Brak toe die voorval plaasgevind het.

“Volgens ooggetuies het die slagoffer en ʼn ander 15-jarige seun oor ʼn sitplek in die bus baklei. Die ander tiener het Isaacs daarna met ʼn mes in die bors gesteek,” het Pojie gesê.

Isaacs is met ʼn ambulans na ʼn hospitaal in George geneem waar hy aan sy besering beswyk het.

Die ander seun is ná die voorval in hegtenis geneem nadat ooggetuies hom aan die polisie uitgewys het.

Die verdagte word by die Groot Brakrivier-polisiestasie aangehou en moet Dinsdag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Wat nou nog wat soek hulle met messe by hulle as hulle oppad skool toe is en dood maak vir n sitplek wreed steek hom ook dat hy ook dood gaan. Sterkte aan die familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.