ʼn Skoolleerling van die Wes-Kaap is Donderdagoggend op ʼn bus op pad skool toe met ʼn mes doodgesteek.
Kapt. Malcolm Pojie, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê Joseph Isaacs (15) het by Jonkersberg op ʼn skoolbus geklim en was op pad na Hoërskool Groot Brak toe die voorval plaasgevind het.
“Volgens ooggetuies het die slagoffer en ʼn ander 15-jarige seun oor ʼn sitplek in die bus baklei. Die ander tiener het Isaacs daarna met ʼn mes in die bors gesteek,” het Pojie gesê.
Isaacs is met ʼn ambulans na ʼn hospitaal in George geneem waar hy aan sy besering beswyk het.
Die ander seun is ná die voorval in hegtenis geneem nadat ooggetuies hom aan die polisie uitgewys het.
Die verdagte word by die Groot Brakrivier-polisiestasie aangehou en moet Dinsdag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
Ek voel kinders moet deursoek word. Was hy oppad skool toe?
Wat nou nog wat soek hulle met messe by hulle as hulle oppad skool toe is en dood maak vir n sitplek wreed steek hom ook dat hy ook dood gaan. Sterkte aan die familie