Tiener op fiets doodgery

Die fiets se wrak. Foto: ER24

Die fiets se wrak. Foto: ER24

ʼn Tiener is Dinsdagaand buite Carletonville, wes van Johannesburg, dood nadat hy deur ʼn bakkie van sy fiets afgestamp is.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 19:00 op Blybankweg naby die R559 plaasgevind.

Die fiets se wrak. Foto: ER24

Die fiets se wrak. Foto: ER24

“Paramedici het sy fiets in die middel van die pad aangetref,” het Bodasing gesê. “Die seun, vermoedelik 14 jaar oud, se liggaam is in die veld langs die pad aangetref, sowat 15 meter van sy fiets af. Hy het nie skoolklere aangehad nie.”

Die seun is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die bakkie is ongedeerd.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Chantel ·

Dis siek hoe baie fietsryers die laaste ruk raak gery of dood gery word. Mense kyk net eenvoudig nie meer nie, almal jaag na waar hulle wil wees en behoed jou as jy in die pad is.

Stan ·

As motorfiets ryer het ek die pad vermy. Baie nou en swak uitsig.

jan ·

Dis altyd ‘n emosionele debat wanneer fietsryers raakgery word, veral kinders, maar neem eers omstandighede in ag voor mens uitsprake maak. Ek twyfel of enige normale motoris iemand doelbewus sal wol raakry. Daar is altyd 2 kante van ‘n storie, en fietsryers is nie so onskuldig as wat hulle voorkom nie. Ons bly in ‘n area waar honderde fietsryers naweke “oefen” en soms wedrenne het. Die arrogansie waarmee motoriste behandel word is onbeskryflik. Groepe van tot 20 sal die hele pad (wat afgemerkte fietsbane het) vol ry, en eenvoudig nie pad gee sodat motoriste veilig verby kan kom nie, om nie eers te praat van die taal en tekens way jou toegesnou word sou jy die toeter durf blaas nie. Onder geen omstandighede is dit my bedoeling om te suggerreer dat die kind verkeerd was nie, ek noem slegs voorbeelde ter illustrasie dat mens eers alle feite in ag moet neem voor mens veralgemeen en/of uitsprake maak tov enige betrokke party in ‘n ongeluk.

Reinhardt ·

Jan, vra jouself waarom is fietsryers arrogant. Ek sal jou sommer sê: Meeste motoriste voel niks vir n fietsryer, fietsryers is veronderstel om reg van toegang te he op n pad, nie motors nie. Maar motorist dink hulle besit die pad en dat n fiets net eenvoudig moet padgee as ons se stadig voor julle ry. Motoriste is te aggresief, hulle raak frustreerd as hulle nie kan verbysteek nie en dan gebeur ongelukke. Die wet se ook dat as daar n fietsbaan is, beteken dit nie jy MOET in die fietsbaan ry nie, jy mag nogsteeds in die pad ry. Alhoewel ek saamstem dat dit baie dom is. Fietsryers het nie nodig om “pad te gee” vir enige motoris nie, alhoewel ek altyd my bes sal prober om links te hou. Hoekom blaas jy die toeter? Omdat jy haastig is? Ongeduldig is? Nee wat Jan, raak rustig en ry rustig agter die fiets totdat dit veilig is om verby te steek. Dit is hoe fietsryers hanteer word in ander lande, hoekom ook nie so in SA nie?

Danie ·

Dit is jammer dat daar so baie fietsryers raakgery word , ek is self een wat baie op die paaie is met n fiets asook met n voertuig , verkeersreels tel vir albei partye en dan ook sigbaarheid van n fietsryer is baie belangrik so ons moet almal mekaar in aanmerking neem

tamboti ·

Ja dit was heelwaarskynlik reeds goed donker en het die fietsryer wel ligte gehad en wat van reflekterende klere?
Ek sal niks se voor feite bekend is nie, behalwe dat dit jammer is die kind het gesterf. Ook dink ek dat daar dringend na die probleem gekyk word omdat dit nie so kan aangaan nie.

Berhalet Beukes ·

‘n Mens kan nie help om te wonder of dit nie moedswillig gedoen word nie. Nietemin voel ek baie jammer vir die familie en vriende van hierdie jongman.

Bosbok ·

Moedswillig gedoen word?? Verstaan ek reg dat jy meen die motoris het die kind moedswilliglik raak gery?? Dink regtig dit is n absurd stelling. 19:00 in die Kaap is dit al sterk skemer. Kan net dink dat teen 19:00 is dit al goed donker in Carletonville.

DPJ ·

Ten eesste aan die familie sterkte vir julle almal.
Jan, jy veralgemeen nou lekker soos jy veralgemeen, kan ek ook veralgemeen maar weerhou ek my daarvan.
Om ‘n fietsryer 30 meter weg van fiets te stamp is nie om 10, 20 óf self 30 killometer per uur met jou motor te ry nie.
Mense van RSA keer terug na God drie enig. Wees lief vir jou naaste soos God ons lief het.

Johan 2 ·

Dpj 15 meter. Hy is gelikkig. Op 120 kmp sou hy baie slegter af gekom het. En dit was 19.00 uur. Wat het liefde hier te make. Dis ń ongeluk.

Dee ·

Saterdagmiddag het ek via Margaret Mncadi Aveneu (reg langs die hawe) die stad Durban ingery. ‘n Swart vrou het net verby ‘n groen robot oor die 4 laan pad gestap en nie eens in ons rigting gekyk. Toe ek toeter blaas het sy gekyk en begin hardloop. Omdat ek spoed verminder het en in ‘n binnebaan was was ‘n kar besig om regs verby te steek. Sy het voor my kar verby in daardie kar vas gehardloop. Die volgende oomblik reën dit spieëlsplinters soos daadie kar se kantspieël breek. Toe ek terugkyk in my spieël het ek haar gesien rol in die besige pad. Daardie kar se deur is ingestamp waar sy dit getref het en toe ek na haar stap het sy haar hand uitgesteek na my sodat ek haar kon ophelp.

charlene ·

Dis tragies maar wat my die meeste geruk is “die bestuurder van die bakkie is ongedeerd”WTF wie gee om?????? Hy het `n kind se lewe geneem en `n hele gesin verwoes. As die seun sover gele het is dit mos nou duidelik die bakkie het soos `n mal ding gery – of dalk het die fiets 80 km gery……

tamboti ·

Wag vir meer besonderhede voor jul verder oordeel, die bestuurder van die bakkie het ten minste nie weg gejaag nie, al was dit sy fout of nie.

Weskaper ·

Ekself en my kinders is fietsryers. Ek stem dat baie fietsryers moedswillig is maar ek kan bevestig dat hulle in die mindere is. Hier in die Weskaap is die wet goedgekeur en staan op die wetboeke dat ‘n motoris 1.5m om ‘n fietsryer moet ry. Ek kan nou bevestig dat minimal motoriste dit doen, is hulle onkundig of moedswillig, baie is seker nog nie bewus van die wet nie maar verseker is baie moedswillig.
Wat gereeld gebeur, dit is moedswillig, baie motoriste sal tot agter jou ry en dan op die hooter le, skrik jy moet jy sien hoe lag hulle en wys vingertekens. Ek waardeer dit as ‘n motoris jou waarsku dat hy agter jou is, maar die manier en bedoeling is wat tel, as jy veilig in die geelbaan ry hoekom hooter druk vir jou, dit is mos veilig sodat hy verby kan ry. Heeltemal ander saak as daar nie ‘n geelbaan of fietsbaan is nie en hy doen dit met die regte bedoelings.
Neewat baie motoriste voel niks vir fietsryers nie, want hulle besef hulle kan nie seerkry nie.

Mr P ·

Meeste van die fietsryers dra oorfone en luister na musiek terwyl hulle fietsry. Hulle ry ook langs mekaar. Druk die toeter net om hulle te waarsku ingeval hulle mekaar wil verby steek….. Middel vinger.

alida ·

Oorfone moet verbied word. Hulle hoor nie die toeters nie en dit geld vir voetgangers ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.