Tiener op Pta-kleinhoewe doodgeskiet

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Tienerseun van Pretoria is Donderdag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe oos van die stad doodgeskiet.

Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die Boschkop-polisiestasie, het aan Maroela Media gesê die 17-jarige seun het net ná middernag by die huis in die Welbekend-omgewing opgedaag nadat hy van sy werk as ‘n kelner af gekom het.

“Vyf mans het die gesin in die huis oorval en met ʼn vuurwapen aangehou,” het Van der Merwe gesê. “In die huis het hulle die seun se ma en sy 12-jarige suster vasgebind en die huis geplunder.”

Die verdagtes het die seun tydens die voorval in die maag geskiet voordat hulle in die gesin se Mahindra-bakkie van die toneel gevlug het. Die seun is op die toneel dood.

Die Mahindra is later deur ʼn opsporingstoestel in Mamelodi, noordoos van die stad, opgespoor.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Hettie ·

Ag nee, nog steeds doodgeskiet! Hulle is onskuldig. DOODSTRAF TERUG!!!!!!

Wimpie ·

Doodstraf? DOODSTRAF?? NOOOOOOOOIT!!

Kan jy begin m te dink hoe hierdie “bevoegde” regering die doodstraf gaan gebruik? As hulle nie eens n mediese stelses susksesvol kan bestuur nie, wat dink jy gaan gebeur met iets waarmee hulle mense moet straf?
Hoe vinniger mense besef, die regering is nie besig om te regeer vir n beter lewe vir almal nie, hulle is besig om die massas (lees CansER stemmers) tevrede te hou. Groot verskil.

Dit maak my siels ongelukkig om die wreedheid en die wetteloosheid te sien. Wonder wannneer gaan ons ophou sê “jammer om te hoor”, en van ons gaaie af gaan klim en opstaan teen wie ook al.

Theresa ·

Mamelodi. Die liewe Mamelodi. Dis ‘n misdaad nes. Iets moet daadwerklik gedoen word.
Dis waar al die gemors is wat almal moor en roof. En hulle “verdwyn” altyd in Mamelodi.
Magtig was dit nou nodig om die kind dood te skiet. Vuilgoed!!!

Jenny ·

Hierdie land / wêreld val uit mekaar uit. Al wat dit kan wees, is dat die satan besig is om sy “kinders” bymekaar te maak. SA julle moet terug keer na God!. My hart gaan uit na hierdie gesin

Jacques ·

Jammer vir die groot verlies en sterkte vir die famielie.
Wil net kommentaar oor die SA julle moet terug keer na God, Boet jy moet wakker word God gaan jou nie help nie , ons Nasie moet ons self help met die barbare dis hoekom God jou n brein gegee het nie om agter oor te sit en hoop die bybel gaan die land se probleme uitsort nie.

Landie ·

&^%$#*(, ek vloek sommer. Een van ons jongmanne wat WIL werk word sy lewe ontneem deur BARBARE wat alles in die lewe verniet wil hê. Baie sterkte vir sy gesin. EN mamma en papa kry asb die moed om die minister van polisie en minister van veiligheid te dagvaar. BARBARE het mos meer regte in ons pragtige land as ons wat belasting betaal en hard en swaar werk vir wat ons het!!

Familie Lid ·

Gaan jou mis ou seuna! Ons belowe jou ons gaan laat di barbare beboet vir die onreg wat hul op jou uitgeoefen het! Rus sag seun, kyk mooi na ouma en oupa! Stuur liefde!

petro ·

My innige meegevoel met die familie.Mag JESUS jul vertroosting gee in hierdie moeilike tyd.

Elanza Prinsloo ·

Mag die Here julle krag en genade verleen in die tyd. Dis seer genoeg om iemand so kosbaar te verloor wat nie kaans op die lewe gehad het nie en die manier waarop hy weg is, maak dit net soveel erger. Julle bly in my gebede en mag die Here geregtigheid tot reg bring oor sy bloed wat vergiet is.

Lizelle ·

Hoe hartseer, alle simpatie vir die gesin. Mag hierdie barbare gevang word!

Moeg vir die nuwe SA ·

Ons was ook n paar jaar terug in dieselfde omgewing in n soortgelyke plaasaanval, in presies dieselfde omgewing, ons was egter gelukkig en ons mense het terugbaklei, en een van die duiwels is doodgeskiet, mense moet voorsorgmaatreels in plek kry, radios, klein hondjies in die huis ens, die duiwels se krag le juis daarin dat hul jou onverhoeds betrap, meeste van die duiwels wat jou aanval is gewoonlik hoog op iets om hul guts te gee, en dan moet jy weet hul voel niks, dis asof hul van die duiwel besete is, maar hulle is oor die algemeen eintlik maar n klomp slapgatte so op hul eie, as hul nie gedrug of die element of surprise aan hul kant het nie. Maar my hart gaan uit na die mense , dit is vir geen ouer lekker om n kind te verloor nie, veral nie op so n manier nie, asb mense hierdie mense kom spreekwoordelik soos n dief in die nag, wees altyd voorbereid, en wees jy eerder die element of surprise, moenie wag tot iets slegs met jou gebeur voor jy wakker skrik nie, Hierdie mense kom nie om te speel nie. Sterkte aan die familie, mag God hul dra deur die moeilike tyd.

simone ·

Ek het nie woorde nie……. n jong onskuldige tiener doodgeskiet?? o Here, hierdie mensdom gaan te ver……Aan die familie, my innige simpatie. Kry die barbare en gooi die sleutels weg!!!!!

Christie Joubert ·

Hierdie bewys weereens dat dit nie net n gewone roof is nie. Dit is slegs n voorwendsel om ons Boere en ons Toekoms te probeer uitroei. Dit is politiek!

ontnugter ·

Jy is 100% reg. Magsvertoon omdat hulle weet hulle patetiese regering staan eintlik agter hulle. En om van die boerseuns ontslae te raak is moontlik hoog op hulle duiwelse agenda, want hulle WERK. Die magtige meerderheid sien die mosterdsaadminderheid nogsteeds as ‘n bedreiging. Ek bid net dat die Here die wiel vinniger laat draai, die bespotting van Sy handewerk sal vergeld. En ek bid ook vir die hele familie.

Marian nigrini-vorster ·

Baie slegte nuus veral as dit jou familie is. Dink altyd dit gebeur met ander mense ma nou die tweede dood in my familie. My tannie so paar jaar terug in Calitzdorp omgewing vermoor nou die jong seun. Hoe troos jy die familie.

chantal ·

Ai Lelani het nie woorde vir jou verlies nie mag God julle dra. Die barbare sal gevang word

volksmoord ·

My volk, ons word afgemaai in die stilte,elke dag,maar alles word nie in die koerante geplaas nie. Hier is n volksmoord tand besig in Suid Afrika. Berei julle voor vir a swaar tyd wat voorle,maar God sal by ons staan en ons sal as oorwinnaars uit hierdie geveg stap as n vry volk

Karen ·

Ek KAN net nie verstaan dat met elke aanvalsberig daar net bykans NOOIT arrestasies gedoen word nie! Begin wonder hieroor……
Kan ongelukkig lankal nie meer sê ek is trots SA nie!

Esther ·

This is my friend, this is her son. How long before we decide to do something? How can I look her in te eyes at her sons funeral, how does one say you’re sorry? How sick has people become?

anet ·

My innige simpatie aan die ouers en familie. Ek huil saam met julle

Venesa ·

Ag nee man wat nog. Here hou U hand van beskerming oor hierdie moeder en vader en die kleinsus.

Lynettte ·

My innige simpatie, sterkte aan die ouers en familie. So onnodig!!!

Se Maar Net ·

Die gemors soek nie regtig die goedere in die huis nie. Nee hulle gaan absoluut daaruit om die mense te vermoor. En more loop hulle vry. Want daar is altyd “iets” wat hulle nie kan bewys nie.

Baie sterkte aan die gesin.

Twanette ·

Ai ek het nie woorde!! Om n kind dood te skiet! Hul gevat wou hul wou he! My hart gaan uit aan die familie!! Die en sussie wat als moes sien!! En die seer vir almal! Sterkte ons dra jul in gebed!! Dit so sleg!!! BRING DOODSTRAF TERUG!!! Ons mene word dood gemaak vir niks!!! En om ons kinders dood te maak!!! Nee kan nie aangaan nie!!!!!

neelsie ·

Woorde raak op as mens sulke goed hoor .WAAROM??
Baie jammer vir die gesin
Hoe lank gaan ons dit toelaat?
Is ons almal voorbereid op so n barbaarse aanval?

Eliza-beth ·

Ai…en dit help nie eers mens lewer kommentare hier nie, mens voel net totaal magteloos! Al wat ek maar kan se is dat elkeen van ons elke liewe dag moet lewe asof dit more ons beurt is. Wees lief vir jou familie en WYS dit – elke dag. Wees gaaf met alle ander mense, maak jou oe oop vir al die mooi om jou – die lewe is bitter kort. Vergeet van onderlangse bakleiery en geskinder, draai die ander wang en stap weg van konfrontasie. As jy dan gaan dan laat jy nie wrewelrige gevoelens agter nie. Sterkte aan hierdie ouers en familie, dis al wat ek hul kan toewens. (o ja ek weet ek het nie deeltekens en kappies gebruik nie, ek het ewe skielik ‘n probleem as ek dit gebruik dan gaan my pc sommer heeltemal uit waar ek besig was. Een of ander gremlin…)

Madelaine van Vuuren ·

Geen woorde. Sterkte en gebede aan die familie wat nou deur hierdie onnodige trauma moet gaan.

Theresa ·

Ons MOET asb dat Afriforum ons help om ‘n optog teen moord, verkragting, roof en alles wat sleg is in hierdie vrot land te hou. Kom ons trek op in ons duisende en wys dat ons saamstaan TEEN hierdie aaklige dinge wat daagliks gebeur.
Forensiese toetse behoort baie vining iets van die sotte te kry om ‘n arrestasie te laat volg.
Publieke teenstand teen hierdie dinge moet nou plaasvind. Dis nie net die toy-toyers wat in massas kan wys wat hul oor iets dink nie. Ons mense word verseker vermoor. Roof en inbrake word as verskoning voorgehou. Kom ons wys dat ons dit besef – kan ons so iets reel?

Liza ·

Weet nie of dit sal help nie….. Zuma sal daaroor ook giggel

ladybug ·

En dan wil die regering nog volhou dat aanvalle nie rassisties gemik is nie …

My hart breek vir hierdie gesin …

Hanli ·

Bitter min kere wat iemand wel in hegtenis geneem word in verband met hierdie misdade. Die Polisie het kastig nie die mannekrag om al die sake op te volg nie. Nie genoeg leidrade nie…verskonings, verskonings, verskonings….en intussen kom hierdie misdadigers letterlik weg met moord!

connie ·

BRING TERUG DIE DOODSTRAF!!!!!!! Moor en jy sal gemoor word PUNT….

Asjas ·

Selfs al bring ons die doodstraf terug, wie gaan hulle in die eerste plek vang??
Dis wanneer “mob justice” oorneem in ‘n land.

Jaco ·

Lees hierbo. Die doodstraf gaan net soos ander dinge misbruik word so dis nie die antwoord nie!

Sonja ·

Ds Storm en Familie -mag Sy hand van liefde en vertroosing oor julle hou.
So jammer vir julle verkriklikke verlies.
Geen mens het die reg om dit aan ‘n kind te doen nie.

Alta ·

In die verlede wanneer jy aan jou dood gedink het was dit, miskien siekte, miskien motorongeluk maar moord is nou al ‘n groot werlikheid. Die gedagte van deur vermoor te word moet dalk eerste op jou lys wees.

SNEL ·

Dis VREESLIK VREESLIK VREESLIK. Wat daai arme ma en sussie nie moes deurmaak toe hulle daai skoot hoor nie. My hart skeur in stukke vir julle. Mag die Here julle (as gesin) dra, vertroos, bestaan en krag gee deur hierdie vreeslike tyd en selfs op julle pad vorentoe. Baie sterkte!

CVA ·

BRING DOOD STRAF TERUG ASSEBLLIEF, want al word die persone in hegtenis geneem gaan hul nie lank in trok bly nie word weer een los gelaat, hul kom te maklik weg, DOOD STRAF sal hul vernietig.

Sterkte aan familie

John ·

Onnodig en nog ń statistiese moord. Die barbaarsheid is onverwerkbaar. Die land is in inardie en die owerhede doen of liewer wil niks doen nie.

Peet J ·

Om iemand in die maag te skiet is ‘n vreeslike pynlike dood wat so ‘n persoon moet ondergaan, hierdie kriminele wat die witmense goedmoeds loop en vermoor het ‘n verskuilde agenda om dit te koppel aan inbraak en diefstal is om die werklikheid te verdoesel. My innige simpatie aan die seun se familie.

Kwagga ·

Hoor nou hier. Bewapen jou self. Doen die exstra klasse soos n tactical shooting kurses. Ja dit kos geld en ja dis maklik om n lisensie te kry gaan na jou naaste guns shop kry raad en advies. Belig jou huis van buite. Sit alarms op buite beams senssore. Dit kos alles geld, maar jy het nie n keuse om jouself te beveilig. Beklei terug wees wakker. As jy gereeld skiet baan toe gaan dan raak n handwapen soos n cell foon jy is paraat en gemaklik. As die man in n huis is dit jou plig om jou familie te beveilig ten alle koste. Om die land te verlaat is nie sommer van net verlaat nie. Dis nie so maklik. Leer jou buurman ken, al hou jy nie van hom. Lig jou gat en doen iets.

Catherine lues ·

Dis jammer ons kon jou nie beter leer ken het nie seun. Rus in vrede. Jy gaan baie gemis word. Sterkte aan die ma en familie. Ons bid vir julle en dink aan julle. Dit is my broer johnny badenhorst se seun. Ons rou saam julle.

Yolandie ·

My innige simpatie met die gesin. Ongelukkig gaan die kriminele nooit gevang word nie – nie totdat SA government wakkee word en die sisteme merge en tegnologie opgradeer nie. Daar is vingerafdrukke in IDs, passpoorte en bestuurslisensies maar sisteme integrate nie met mekaar nie. Hoekom weet ek nie! Teensy jy nie klaar toegesluit is vir iets nie kan hulle absoluut maak wat hulle wil en hulle weet hulle kan daarmee wegkom. Very sad, gebede gaan aan dir familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.