Tiener ploeg met gesteelde trok in mense in

Die motor waarin drie insittendes was se wrak. Foto: Verskaf

ʼn Tiener het glo Vrydag met ʼn gesteelde vragmotor in voertuie van verkeerspolisie en ʼn motor met toeriste in Mosselbaai, in die Wes-Kaap, ingeploeg.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die seun (15) het glo vroeër die dag die vragmotor gesteel voor hy teen twee voertuie van die provinsiale verkeerspolisie en ʼn private motor vasgery het.

“Die voorval het naby die Cooper-afrit plaasgevind. Die verkeerspolisie het ʼn padblokkade op die N2 gehou. Die tiener het deur die blokkade gery en teen die verkeerspolisievoertuie en ʼn voertuig van ʼn jong vrou gebots,” het Vermaak gesê.

Paramedici is omstreeks 15:30 na die toneel ontbied. Die jong vrou en ʼn 65-jarige man is in haar motor se wrak aangetref. Hulle was in die wrak vasgekeer en moes uitgesny word. ʼn 64-jarige vrou was ook in die wrak. Die man en 64-jarige vrou is glo van Engeland.

Die jong vrou het kritieke beserings opgedoen. Sy is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal in George geneem. Die man is op die toneel behandel en deur Metro-nooddienste na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die 64-jarige vrou het matige beserings opgedoen en is deur ER24 na Bayview-hospitaal geneem.

Die 15-jarige seun het matige beserings opgedoen. Hy is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal in Mosselbaai geneem.

Die polisie ondersoek die omstandighede rakende die voorval.

‘n Foto van die toneel. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Stella ·

Dalk was daai kind op n trip van, wie weet, of desperaat om te wil wys hy kan..

Gatbrand ·

Stem volkome saam Scalla. Dis omdat kinders nie meer deesdae pakslae kry nie.

LB S ·

So, wil julle nou sy boudjies warm slaan? Hy kort TRONKSTRAF!

Chilli ·

Wat op aarde sal nog gebeur in die weteld!! Goeie genade draai nou al sy nek om want hy is al klaar “useless” in die lewe en ouer mense maak staat op ons jeug van vandag

LMF ·

N geval van dokter het gesê maak dood toe dog sy ma dokter sê maak groot pakslae gaan weer net hofsake wees want dan word kind weer aangerand nee hoor daar is nie pille vir stupit geit nie

Natasha ·

Die polisie het nie n padblokade gehou nie
Hulle het die pad afgesper en ook n petrol trok gevra om die ander deel af te sper, en met hul wapens die trok ingewag
My man het voor die voertuig wat getref is gestaan en besluit om eerder van die pad af te trek toe hy hul wapens sien,want hy geweet iets is nie reg.Wat my kwaad maak is die feit dat nie een van die polisie lede die motoriste gaan se het trek van die pad af die trok is oppad en enige iets kan gebeur nie!

Anoniem ·

Daar is vreeslik baie verkeersbeamptes in Mosselbaai. Soos ek dus aflei, het hul geweet van die kind se diefstal? Hoe kan mens ‘n petroltrok vra om die paaie te blok! Sjoe, dit was totaal onverantwoordelik en die mense wat beseer is, is deur die verkeersbeamptes se nalatigheid beseer, klink dit vir my. Ek hoop hulle het ten minste bevoegdheid vir die vuurwapens gehad. Dit is so jammer. ‘n Jong vrou is dalk vir die res van haar lewe vernietig en die ou mense defnitief getraumatiseer.

Woedend ·

Tronk toe met die mnrtjie. ..Wat van arme onskuldige mense Wat seer gekry het

Paula van der Linde ·

Soos hulle in die ou dae gesê het”latjies” vir die knaap!

Wanda ·

Is hy nie n lid van ISIS nie…..klink soos die lot oorsee.

Peet J ·

Die seun het seker verbouereerd geraak toe hy die Verkeerspolisie met hulle wapens sien en so ‘n verkeerde besluit geneem so ook die Polisie wat nie die nabye voertuie uit die weg geruim het nie.

Landi Maree ·

Nee Peet hy het geweet hy is verkeerd niks van verboureerd ni

Anoniem ·

As jy weet jy is verkeerd raak jy verbouereerd, nie waar nie Landi?

Pieter ·

Nee julle, dis net pure kwaai jong streke. toe ons so oud was het seuns hulle pa`s se karre gegaps om vir n meisie te gaan kuier. As jy gevang was n pak slae jou voorland. Vandag is alles misdaad, as jy n buurman se appels pluk of sy rose is dit n misdaad. As jy op skool n menings verskil met n barnie uitsorteer is dit aanranding en so gaan die lys aan. Geen wonder die samelewing is n gemors.

Kobus ·

@Pieter, net kwaai jong streke -vertel dit vir die jong meisie wat kritiek in die hospitaal is en vir haar ouers, om nie eers te praat van die ander beseerders nie. Geen wonder die samelewing is n gemors met mense soos jy nie. Hoe op aarde kan jy n misdaad soos die probeer goed praat? Hoe sou jy gevoel het as dit jou dogter of pa was wat vannaand geweg het vir hul lewe.

Francois Roux ·

Dit gaan alles oor wetgewing geen respek vir wette nie alles is maar ok ek sal hulle graag wil help met eis hulle was onskuldig verdien nie dit nie

Ek hoop ·

Ek hoop hul maak van jou aanbod gebruik. Kwajongstreke is 1 ding, gebrek aan dissipline n ander. Dit is n kind wat strooi aanjaag vir aandag, en dan word dit goed gepraat, die ouers sal weer probeer uit en omkoop en dan by die braaivleis vuur spog met hul kind se nuwe manewales.

J ·

Vyftien genade ouers…mag hy dié LES nooit vergeet. Of gereg die regte loop gaan wees is nié die waarborg. GLO iewers en gou ook in sy lewe is daar volwassene om hom te STOP. So dankbaar jong vrou en haar mede passesiers LEWE. Sterkte. Nugtere denke en optrede by ongelukke is lewensbelangrik!.

Johnny ·

Iemand moes hom leer bestuur het. ‘n Vragmotor is nie net van inklim en ry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.