Tiener se liggaam in Kalkbaai gevind

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Kaapstad-polisie het ʼn 36-jarige man vir ondervraging in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn 16-jarige meisie Sondagoggend in Kalkbaai opgespoor is.

Kol. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn meisie, Michaela Adriaanse van Hanoverpark, het op 18 Maart verdwyn. Haar vriendin het haar die laaste keer in Hoofweg in Kalkbaai gesien.

“Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die liggaam van die meisie wat Sondagoggend opgespoor is, wel dié van Adriaanse is,” het Kinana gesê. “Dit kan egter nog nie bevestig word nie. Dit kan ook nog nie bevestig word of die verdagte met die voorvalle verbind kan word nie. Die ondersoek duur voort.”

Die verdagte is Sondag omstreeks 19:30 in Steenberg in hegtenis geneem en is tans in polisie- aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eliza-beth ·

‘n Lewe is niks werd meer nie. Ek is naar elke DAG wat ek die tipe van ding lees…

Theresa ·

Die mensdom is siek. Dis al wat in hulle verdomde koppe vashaak!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.