Tiener se naakte liggaam gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn tienermeisie Sondag naby ʼn stadion in Ermelo, Mpumalanga, gevind is.

Sers. Gerald Sedibe, polisiewoordvoerder, het gesê die meisie se identiteit is onbekend en sy is vermoedelik tussen 14 en 16 jaar oud.

“Haar liggaam is omstreeks 07:30 in ʼn sloot naby die Mpumalanga-stadion in die Wesselton-nedersetting gevind. Sy is vermoedelik verwurg en die moontlikheid word ondersoek of sy ook verkrag is. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van haar dood te bepaal,” het Sedibe gesê.

ʼn Swart denim, T-hemp met wit en swart strepe en swart skoolskoene is naby die liggaam opgespoor.

Die polisie is tans besig om die meisie te identifiseer en haar ouers op te spoor. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

LYDIA ·

Dis tragies. Ek woon ook in Ermelo en my dogter is 16! Ek kan nie dink dat die ouers opgespoor moet word en nog nie hul kind vermis nie. Ek weet elke sekonde van elke dag waar my kind is. Ai Ai.

KarooKlong ·

Mens kry tieners en dan kry jy tienerouers.
My seun sê: “en dan kry jy my pa”.

Marianne ·

Ai hemel tog die arme kind!!!
Dis so sad wanneer ‘n onskuldige kind vermoor word!
Liefie rus sag in Jesus se arms.

Denise ·

Of jy nou weet waar jou kind is of nie die oomblik wat hy sy die huis verlaat is dit n gevaar niemand is meer veilig nie ek sidder as ek dink aan al die siek mense daar buite!!! Baie hartseer jong mense het nie meer die voorreg om n rustige lewe te he daar buite nie moet altyd uitkyk vir die gevaar!!

Anita ·

Ek hoop regtig nie dis doe meisie van Pretoria wat vermis word nie… hartseer nuus.

mageret ·

Anita, as jy praat van die Silverton Meisie dan bid ek ook dis nie sy nie. Ek is verlangs verwant en het reeds die artikel aangestuur sodat hul kan uitvind.

Ai Ai ·

Meisie van Pretoria…rêrig so as dit nie sy is nie dan het julle geen medelye nie! En dan sê julle julle oordeel nie! Rus in vrede vreemdeling mag jy nou VREDE hê!

mageret ·

Ai Ai, jy het regtig die kat aan die Stert beet. Dit maak dit glad nie ‘ok’ dat dit enige iemand se kind is nie. Maar ek Bid dat dit NIE die Meisie van Silverton is nie, want ‘no news is good news’. Dit is familie van my, en solank as wat hul nie haar lyk kry, is daar HOOP dat sy lewendig gevind kan word. Weet nie wat jy bedoel met ‘oordeel ‘ nie, want geeneen het enige iemand geoordeel nie??

Amanda ·

Ai toggie, dis so Hartverskeurend. My Hart gaan uit na die meisie se familie. Ek hoop ook nie dis die meisie van silverton nie. Ek hoop sy rus in vrede en bid dat mammie die krag sal he om haar saggies neer te le xxx

Marietjie Luus ·

Silverton dogter gevind
Dankie Jesus
Baie sterkte aand die gesin van die dogter op die berig.

Leana ·

Mens kan nie meer jou kinders onder jou oë laat uitgaan nie. Die wêreld is woes en wreed daar buite.

Lilianneruthfourie ·

My 16jarige dogter is al n maand en 3dae weg ons as gesin weet nie waar sy is nie het nog geen nuus gekry nie net vervalse inligting die hele tyd stres so dat nie snaaks is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.