Tiener se ontbinde liggaam gevind

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die erg ontbinde liggaam van ʼn 17-jarige meisie is Woensdag in ʼn oop veld naby Coligny in Noordwes aangetref.

Maj. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê inwoners van die Tlhabologang-township het die gru-fonds gemaak.

“Die tiener is twee weke voordat haar liggaam gevind is, as vermis aangemeld,” het Makau gesê.

Die meisie se regterarm was afgesny, vel is van haar bobeen verwyder, haar geslagsdele is uitgesny en haar keel is afgesny.

Makau het gesê die polisie kan nog nie in die stadium bevestig of haar dood ʼn moetie-moord is nie. “ʼn Nadoodse ondersoek gaan gedoen word om dit te bepaal. Die voorval word ondersoek,” het Makau gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Milan Bye ·

Dis baie erg! Ek hoop nie sy het gelewe terwyl hulle die dele afgesny het nie. Sjoe!

Rudi ·

Eks nie n Teoloog nie, maar dit wat die afgelope paar dae, weke en maande gebeur hier in Suid-Afrika is te doen met demoniese houvas op die mensdom. Ons woede teen die mense wat die dade doen, vuur net die satan se krag aan.

As dit nie demonies is nie, weet ek nie wat is demonies dan nie! Die mens kan nie vanselfsprekend so wreedaardig wees nie, geen babatjie, ongeag sy/haar velkleur of kultuur kan so gebore word nie, dis n demoniese greep wat die mens aangryp en hom/haar verander om so wreed te word, die mensdom gee hulself oor aan die demone van die wêreld (toordokters, sataniese rituele, moslems, hindoes, ens.). Ons moet teen die wêreldse dinge (demoniese houvas) begin bid en nie teen die persoon nie, maar eerder vir die persoon ongeag.

Milan Bye ·

Ek stem saam met jou, Rudi. Geen van die slegte goed wat gebeur is van God af nie, dus is dit duidelik dat dit van satan af kom. Die land het baie gebed nodig.

Retha ·

Ek stem beslis saam. Die duiwel neem behoorlik besit van die nasie met gruwelike dade. Bring terug die doodstraf.

Marie de Klerk ·

Dat die Satan seevier op die oomblik is duidelik-ons moet bid teen die Bose wat tans die oorhand het!

Marietjie ·

Ek stem 100% Dis regtig asof daar n demoniese binding op ons land is. n Gees van geweld, vrees ens. Die goed waarvan n mens lees is ondenkbaar. Ons moet regtig as Christene ons geestelike wapens opneem en begin bid. Evil can only prevail when the righteous keeps silent.

Martie ·

Dit is vreeslik ek sal graag wil sien dat jongmense wat so wegloop van die huis af die berig moet sien hoe maklik dit deesdae is om iemand te laat verdwyn.Geen probleem is so groot as om dit te bespreek nie.

Maronel ·

Coligny is maar soos enige ander plek. Elke dorp het sy goeie mense en elke dorp het sy slegte mense. In elke dorp is daar daagliks moorde… En van elke dorp vlug die mense oorsee en elke dorp se mense soek maar “bossies” met skelmpies. Maar wat het die plek nou te doen met die moord. ..

Ben ·

Ek is in 1957 op n plaas met die naam Renosterdorngs gebore, ja nie ver van Coligny af nie. Ons het in Coligny gebly en skool gegaan van graad 1 af. Wat n fantastiese dorpie. dit is nie dorp wat maak dat die die mense wegtrek nie, dit is al die mense van die hele Suid Afrika, die veranderings in ons land, die geweld, aanrandings, molesterings en jy kan maar opnoem. wat sal die eind resultaat wees?????????????. niemand sal weet nie, nie voordat ons teruggekeer hrt na GOD toe nie, KNIEL mensies voor die aangesig van GOD, Dit is die enigste wat ons kan red, KNIEL VOOR HOM.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.