Die KwaZulu-Natalse polisie het ʼn beroep op mense gedoen om na vore te kom met inligting nadat menslike oorskot, vermoedelik dié van ʼn tiener, verlede week in Cato Manor aangetref is.
Kol. Thembeke Mbele, polisiewoordvoerder, sê die oorskot is Donderdag omstreeks 12:30 by Scelobarlaan in Cato Manor gevind. Die liggaam was erg geskend en ʼn saak van moord is aanhangig gemaak.
Die jong slagoffer se identiteit is egter steeds onbekend en die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval, of wat kan help om die slagoffers se naasbestaandes op te spoor, gevra om die ondersoekbeampte by 072 885 8036 of 031 203 3005/7 te bel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Hoe skokkend. Daar is vreeslike geestelik siek mense in ons land.
Kon hulle uitmaak of die liggaam manlik of vroulik is?
Het niemand hom as vermis aangemeld nie? Mis sy mense hom dan nie?! Eintlik hartseer! :'(
Genade, wat ‘n tragiese dood moes die arme kind nie gesterf nie. Ek dink egter dit is bitter moeilik om die polisie te help as absoluut GEEN inligting van die slagoffer gegee word nie.
Dis verskriklik! Hoe is dit moontlik dat niemand iets gesê het van my kind wat vermis word nie?