Tiener se verbrande liggaam in woud ontdek

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die Alice-polisie in die Oos-Kaap is op soek na die naasbestaandes van ’n tiener wie se erg verbrande liggaam Dinsdag in ʼn woud naby Roxeni gevind is.

Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder, sê die tiener, ’n meisie, is vermoedelik tussen 13 en 15 jaar oud.

“Weens die toestand van haar liggaam was dit moeilik om haar te identifiseer. Ons hoop dat haar naasbestaandes na vore sal kom om die polisie daarmee te help.”

Dit is nie duidelik hoe lank haar liggaam in die woud was voordat sy gevind is nie.

Die saak word tans ondersoek en geen verdere inligting is in dié stadium beskikbaar nie.

Mawisa sê die polisie doen ’n dringende beroep op enigeen met inligting of wat van iemand weet wat vermis is, om ao. Bukelwa Qoma by 071 475 2419 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

miavos ·

Is dit moontlik om die ‘ou’ name van plekke in Suid-Afrika in hakies by te voeg? Dit sal dit makliker maak vir Jan Alleman om die nuwe name aan te leer en die kloutjie by die oor te kry oor waar nuuswaardighede plaasvind.

Blomme ·

Want hoekom name so moet verander gaan ny verstand te bowe. Dis nie asof dit ons toestande in die land verbeter.. Eerder bydra tot die tot niet making van ń eens mooi en gesogte land as jy my vra.

Keith ·

I agree. All these strange names are ridiculous. Re-writing history. I see Brandfort has now also “fallen”…. to Winnie the Pooh.

DieKriek ·

Alice bestaan al donkiejare. Kom uit die apartheids-era.

Sarel ·

Tragies….werklok tragiesxen ek merk.nie dat die EFF hieroor ‘n ” OPTOG” hou nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.