Tiener sit lank ná moord oor tabletrekenaar

Argieffoto

ʼn 19-jarige is gevonnis nadat hy ʼn student aan die Universiteit van Limpopo in Polokwane (Pietersburg) vermoor het vir sy tabletrekenaar.

Dimakatso Surprise Mathemane (19) is Donderdag in die Sekgosese-streekshof tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy die 22-jarige student, Khomotso Mokgerere (22), vermoor het. Hy is ook tot 10 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van gewapende roof.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het verlede jaar in Februarie plaasgevind.

“Die beskuldigde het Mokgerere op 13 Februarie 2016 van sy tabletrekenaar beroof en hom daarna met ʼn mes aangeval voordat hy met die tabletrekenaar gevlug het,” het Ngoepe verduidelik. “Die polisie het hom binne vyf dae opgespoor en hom met die oorledene se tabletrekenaar betrap.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jan van riebeeck ·

ek kan dit glo , ek het al van gevalle gehoor waar hulle mekaar vermoor oor vyftig rand

Cherokee ·

Toe word hy ge’surprise’ met tronkstraf in plaas van ‘n tablet.

Johann Marx ·

Net weereens nog ‘n voorval waar duidelik gewys word dat ‘n gedeelte van Suid Afrika se populasie NIE oor die vermoë beskik om die uitkoms van hulle dade in ag te neem tydens die pleeg van sulke dade nie. Het hierdie persoon ooit in ag geneem dat hy vir ‘n lang tyd tronkstraf sal moet uitdien vir sy onaanvaarbare gedrag? Dit wil nie so voorkom nie….en daarom is straf nie ‘n afskrikmiddel wat hulle gedrag sal beïnvloed nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.