ʼn 16-jarige seun is Vrydag in die hof skuldig bevind aan die moord op Will en Anje Kiesling tydens ʼn plaasaanval in Limpopo in Maart vanjaar, het Beeld Saterdag berig.
Die seun, wie se naam nie genoem mag word nie omdat hy minderjarig is, het Vrydag in die Mokopane-landdroshof skuldig gepleit op aanklagte van moord, en diefstal van die egpaar se vuurwapen, twee selfone en hul bakkie.
Hy sal na verwagting in Januarie gevonnis word.
Will (69) en Anje (66) se liggame is op 28 Maart op hul plaas Merebank in Lephalale (Ellisras) deur die polisie aangetref nadat familielede nie met hulle in verbinding kon tree nie. Hulle liggame was glo reeds in ʼn gevorderde stadium van ontbinding.
Die 16-jarige is ‘n week later by sy voog se huis in Mosselbaai in die Wes-Kaap aangekeer. Hy het aan die einde van Maart in die Mosselbaai-landdroshof verskyn, maar die saak is na Mokopane oorgeplaas.
Die seun is na bewering ʼn familielid van die egpaar.
Sluit die klein rotter lewenslank toe.
Dis die vinnigste wat n plaasmoordsaak deur die hof gegaan het. Vonnis is goed maar hy het toegang tot automatiese appel teen vonnis.
Familielid….20 maande
So moordenaars se name mag nie genoem word nie? Toe hy gemoor het, het hy nie soos ‘n kind opgetree nie. Hy het skuld erken..behandel hom soos ‘n moordenaar.
sleg drek