Tiener slaan man glo met krieketkolf dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tiener is in Noordwes in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 29-jarige man met ʼn krieketkolf doodgeslaan het.

Volgens kol. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het daar glo ʼn stryery tussen die 17-jarige verdagte en die slagoffer ontstaan oor ʼn beweerde selfoondiefstal. “Die tiener het glo ʼn krieketkolf opgetel en die slagoffer oor die kop geslaan. Die man is op die toneel dood,” het Mokgwabone gesê.

Die seun is Donderdag in Blydeville naby Lichtenburg in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Maandag in die Lichtenburg-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die seun is in sy ouers se toesig vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eileen ·

Nou wie wou wie se selfoon gesteel het? As dit die seun se foon is, en die man wou die foon van hom af weggeneem het – dan sê ek GOEIE SKOOT – ander saak as die seun die man geslaan het om die foon van die man wou steel, want dan is dit moord! Maar as hulle albei betrokke was met die diefstal, dan moet elkeen maar kry wat hulle toekom.

Anoniem ·

Dit wat die kind verkeerd gedoen het is totaal verkeerd…..Geen mens het die reg om hom so te vererg en iemand dan doodslaan nie…Mense vandag is dit al wat ons beleef, moord en doodslag, verkragting, roof, pedofiele…Wat dink jul gaan van ons tieners word. Dis waarmee hulle te doen kry vandag..die media is vol daarvan…aaklige goed gebeur op skool…aaklige goed gebeur in van ons tieners se huise…dis wat hul sien daagliks en wat sien hul nog…Daai persoon wat die aaklige goed gedoen het…99% van hulle kom weg daarmee….Nee ek se glad nie dit gee hul di e reg daartoe nie …. straf die tiener…gee hom wat hom nou toekom….Wat ek wel se…dit gaan erger word….solank die doodstraf nie daar is gaan ons met dit sit. Ons gaan uitgeroei word een by een……Hoeveel van ons bly nie alleen..Hoeveel boere hoeveel ander mense word uitgemoor elke dag…Ons bly in ons eie huise soos n tronk en nie eens dit keer die aaklige mens nie…..Nee mense ons het God nodig..ons het die doodstraf nodig………………

Lynnette ·

Ja ek stem saam met jou. Omdat hy 17 is en die ander persoon 29 is hoef hy glad nie bang te wees nie. Moet homself nie verdedig as iemand sy goed wil vat nie en dit net te gee. Wie weet as hy net dit gegee het sou hy miskien nie gelewe het nie en was hy nou dood. Dit gaan mos so. Mense word vermoor vir ‘n paar geld en ‘n foon. So dis verkeerd. Hy was seker nie bang nie en dit opsetlik gedoen.

Hannes ·

Anoniem, jy weerspreek jouself. Dis tyd dat ons reg on ons eie hande neem want die korupte regering kan nie reg laat geskied nie. Kinders word daagliks van hulle besittings beroof en al wat die polisie doen is huil oor rasisme.

Leon Pit ·

Krimeneel in opleiding het n voorsmakie van misdaad gehad nou het hy vrye teel. En dan gaan hy nog bevoordeel word deur die regstelsel, want ek is MINDERJARIG. BRAVO

Leon Pit ·

Dankie MAROELA OMDAT MY STELING NIE GEPLAAS WORD NIE. . BLYKBAAR IS JUL NETGUNSTE VAN DIE MOORDENAAR

Ben Prinsloo ·

Wie met n panga in sy hand gebore word verleer nie maklik sy gewoontes nie.

Scalla ·

Maroela, hoekom verwyder julle my kommentaar, dis n spansport, soms kan individue ook uitblink in krieket en vorm deel van die transformasie proses soos deur fikele afgedwing word sonder om sokker in ag te neem, wat is julle probleem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.