Tiener spoel dae ná verdrinking op strand uit

Storm_see_rotse_golwe_boekevat_ChristoBrits.jpg

Argieffoto: Christo Brits

Die polisie in Oos-Londen doen ʼn geregtelike doodsondersoek ná ʼn tiener in die see by Nahoonstrand verdrink het.

Kapt. Mluleko Mbi, woordvoerder van die polisie, het gesê die tiener se liggaam het Woensdagoggend op die strand uitgespoel en was nie erg ontbind nie.

Mbi sê die tiener is deur lede van die familie as Emerson Noonan (19) geïdentifiseer.

Noonan het glo op 27 Desember verlede jaar by hierdie strand verdrink.

ʼn 8-jarige seun het intussen in ʼn onverwante voorval Sondag by Cintsa-strand in Gonubie verdrink. Hy is as Sinothando Mshweshwe van Scenery Park in Oos-Londen geïdentifiseer.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word ook in verband met sy dood gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.