Tiener sterf in gru-botsing

Die ongelukstoneel. Foto: @PigSpotter op Twitter.

Die ongelukstoneel. Foto: @PigSpotter op Twitter.

ʼn Tiener is dood en ses mense is beseer in ʼn ongeluk waarby ses motors en twee vragmotors betrokke was in Bedfordview aan die Oos-Rand.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het gesê die botsing het Saterdagmiddag by die N12/N3-afrit by die Gillooly’s-wisselaar plaasgevind.

Volgens Ntladi was ses motors en twee groot vragmotors, wat onderskeidelik kunsmis en diesel vervoer het, in die ongeluk betrokke. Twee mense was in een van die motors vasgekeer. “Meganiese toerusting is gebruik om hulle uit die wrak te bevry en ongelukkig is die tiener op die toneel dood verklaar.”

Ses mense is beseer en is na verskeie hospitale in die omgewing vervoer vir verdere behandeling. “Twee mense is in ʼn kritieke toestand, twee in ʼn ernstige toestand en die ander twee mense het ligte beserings opgedoen,” het Ntladi gesê.

Die ongelukstoneel. Foto: @PigSpotter op Twitter.

Die ongelukstoneel. Foto: @PigSpotter op Twitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ronelle Nortje ·

Ai maar dis n wrede ongeluk,sterkte aan alle families so ook die dame wat van die krans geval het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.