Tiener sterf in KZN-botsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Tienerseun is Donderdagmiddag dood toe ʼn motor teen die kant van die bakkie waarin hy ʼn passasier was, gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 14:10 in Park Rynie aan die KwaZulu-Natalse Suidkus plaasgevind.

“Dit is nie duidelik presies hoe die botsing plaasgevind het nie, maar toe paramedici en provinsiale nooddienste by die toneel opdaag, het die wrak van die bakkie aan die kant van die pad gelê met uitgebreide skade aan die passasierskant,” het Botha gesê.

Volgens Botha het die 14-jarige seun wat in die passasiersitplek was reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk, terwyl die bestuurder se toestand kritiek was. Dit is nie duidelik of die insittendes in die ander motor beseer is nie.

Die bakkie se bestuurder is na ʼn hospitaal in Amanzimtoti gehaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.