Tiener sterf in steengroef

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Vrystaatse seun, vermoedelik 16 jaar oud, is dood nadat hy Saterdag sowat 40 m ver in ʼn steengroef geval het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Botshabelo, sowat 60 km vanaf Bloemfontein, plaasgevind.

“Dit is nog nie duidelik hoe die seun geval het nie. Hy was saam met ʼn ander 16-jarige seun wat hulp ontbied het nadat hy geval het,” het Vermaak gesê.

Die seun se liggaam het op ʼn lys in die steengroef geland. Brandweerbeamptes moes teen die steengroef af abseil om by sy liggaam uit te kom en dit na die oppervlak te bring.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.