Tiener sterf in tref-en-trap

Nooddienste op die toneel. (Foto: ER24)

’n Tienerseun is vanmiddag (Donderdag) dood in ’n tref-en-trap-voorval by Henleydam buite Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal. Nog ʼn seun is beseer in die voorval.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 14:00 na die toneel op Edendale-weg ontbied waar twee tienerseuns op ʼn grondwal ʼn ent weg van die pad gelê het. Albei is vermoedelik vroeër deur ʼn motor getref.

Paramedici het die tieners te hulp gesnel en een van die seuns, vermoedelik 17 jaar oud, is op die toneel dood verklaar.

Die ander een, ook vermoedelik 17 jaar oud, het matige beserings in die voorval opgedoen en is op die toneel behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.

Die motor wat die twee seuns getref het, het skoonveld verdwyn. Die owerhede was wel vanmiddag op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.