Tiener sterf ná paraffien vlam vat

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 15-jarige seun is oor die naweek in die Oos-Kaap dood nadat ʼn brand in sy slaapkamer uitgebreek het.

Volgens kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het die brand Saterdag omstreeks 20:30 in die Zazulwana- informele nedersetting in Butterworth plaasgevind.

“Die brand het vermoedelik ontstaan toe paraffien wat langs ʼn verwarmer gestaan het, vlam gevat het,” het Manatha gesê. “Die seun se ouers het in ʼn ander kamer geslaap en geskok wakker geword toe die vlamme by die seun se kamer uitkom.”

Niemand is andersins tydens die voorval beseer nie.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wat-ek-lees ·

Met paraffien (primus, lamp, verwarmer), kerslig, buitetoilet, boorgatwater het ons groot geword in die tyd van APARTHEID. Pa moes sy huis SELF bou. Ons het niks daarvan oorgekom of oorgehou. Ons is egter geleer om brandstowwe verantwoordelik te hanteer.
Sterkte aan die naasbestaandes van die kind en mag ons ander weereens leer uit hierdie ongelukke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.