Tiener sterf ná steekwond in bors

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Tiener (17) is Sondagoggend dood aan hartstilstand ná hy in die bors gesteek is met ʼn skroewedraaier.

Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, het gesê hul paramedici is omstreeks 00:49 ontbied. Die voorval het in Yeostraat in Bellevue-Oos in Johannesburg plaasgevind.

“Dit blyk dat die seun uitgegaan het saam met vriende en toe in die bors gesteek is met die skroewedraaier. Die vriende het hom huis toe geneem en ʼn ambulans ontbied,” het Botha gesê.

Die presiese omstandighede rakende die voorval sal deel uitmaak van die polisie se ondersoek.

“Toe paramedici op die toneel opdaag, het hulle besef dit is ʼn geval van hartstilstand. Daar is onmiddellik met hartmassering begin, maar die seun is ongelukkig op die toneel dood verklaar,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Erik ·

Suid Afrika is n land waar niemand veilig is nie. Dis vir my die belangrike en wat moet verander. Victim blaming lewer geen bydrae nie en gaan nie keer dat dit weer gebeur nie.

Michael ·

Dit kom weereens neer dat van die mense van hierdie land het alle dissipline verloor en het geen vrees meer vir die nagevolge van hul dade nie en dit oor ons regering het wat net hulself wil verryk en korrupsie aanvaarbaar is

Dries ·

In ons liewe Suid Afrika is jou lewe minder werd as ‘ n mosie van wantroue in Zuma

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.