Tiener sterf, talle in hospitaal na ‘hallusinasies’ by skool

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

ʼn Tienermeisie is dood en 17 ander in die hospitaal opgeneem nadat ʼn raaiselsiekte glo “massahisterie en hallusinasies” by ʼn skool in Mqanduli in die Oos-Kaap veroorsaak het.

Die Oos-Kaapse departement van gesondheid het gesê die leerders het in rye gestaan vir klasse by Bhekizizwe School in die Nothintwa-nedersetting toe hulle “deur hallusinasies na aanleiding van vrees oorval is”.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die departement, het gesê die histerie onder die meisies is vermoedelik deur ʼn “raaiselagtige siekte” veroorsaak. Hy het gesê hoewel sulke voorvalle van tyd tot tyd in die provinsie gebeur, is dit die eerste keer dat iemand gesterf het daarvan. Volgens Kupelo sluit die simptome van die siekte in dat die leerders “stemme gehoor en visioene gehad het”.

Nadat daar histerie onder die leerders uitgebreek het, is die skool vir die dag gesluit en al 520 leerders is huis toe gestuur.

Thembinkosi Tshemese, die skoolhoof, het aan African News Agency (ANA) gesê die drama het begin toe ʼn graad 8-leerder in die ry inmekaargesak het. “Sy kon nie asemhaal nie en is na ʼn nabygeleë kliniek geneem, maar met haar aankoms het die verpleegsters gesê sy is oorlede,” het Tshemese gesê.

ʼn Ontstelde Tshemese het die chaotiese toneel by die skool beskryf en gesê 17 ander leerders is na die kliniek gehaas of deur ambulanse na ʼn hospitaal geneem. “Die meisies het histeries gehuil. Sommige, omtrent 10 van hulle, moes na ʼn hospitaal geneem word en op ʼn drip geplaas word.”

Hy het bevestig dat die adjunkhoof by die skool, Pinky Mkwamba, ook deur die “raaiselagtige siekte” aangetas is en tans in die hospitaal behandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jennifer ·

Hulle het verseker iets ingeneem, en die voorval word gebruik om hul geloof in towery te versterk.

Melt Olckers ·

Gewoonlik gebeur dit omdat ouer kinders die jonger kinders bang praat oor iets. Dit word gedoen om die skool te ontwrig en ‘n toets te onduik. Daar was jare terug die geval van die storie van die tokolossie in die toilette wat meisies se broekies wil steel. Meisies was skoon bang om toilet toe te gaan en massa histerie het uitgebreek. Gebuer veral baie in Zimbabwe.

Magda ·

Hier stem ek 200% saam met jou! Daar het ‘n vrou saam met my gewerk wat omtrent elke oggend van haar trollies afgegaan het blybaar die voorvaders wat dan met haar praat. ‘n Mens noem dit gewoontlik “MAL”

Johann ·

Waas die naaste toordokter en sy doepa? Net meisies? Kom gereeld voor? Onnie ook? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? Gaan nou seker n hospitaal bou vir “vreemde siektes”….

Beertjie ·

Ek sal nie alles aan heksery ens toeskryf nie. Daar is plante o.a soos magic mushrooms wat deur die groep ge-eet kon gewees het as ‘n “dare” wat hallusinasies ens veroorsaak.

SkarrelKind ·

Die histerie volg dalk na ‘n kind net inmekaar gesak het – dit kan net gewoon trauma wees en tieners reageer mos soms vreemder/sterker daarop as volwassenes?

LMF ·

Die maanblom is ook n dwelm paar jaar terug het kids by n kleuter skool dit ingekry en as ek reg onthou is een of meer dood

Andre ·

Weet van iemand anders wat beslis n besoek van sy voorvader geeste benodig…..hehehehe .

E.K. ·

Beertjie – jou kommentaar maak sin. Klink na so-iets, geensins “geheimsinnige siekte” nie, maar heel moontlik iets wat almal geëet het.

Neilia ·

Julle kommentaar laat veel te wense oor. N kind is dood. Wat as dit julle geloof was en julle kinders word so afgetakel ? Skaam my dat onmiddeliķ rassisme en siestog net een dood sarkasme . Wat as n swart mens dit gese het dan was julle dadelik op julle perdtjie as dit n wit kind was. Nee wat klim uit julle bubble uit en bid vir die mense dat Jesus hulle genadig sal wees en hulle hartseer sal minder maak. Maak nie saak wat jou geloof , kleur om n kind te veloor is hartverskeurend. .

Anel ·

Dwelms! Dis al. Nou word die skuld op enigiets anders geplaas. Gaan toets maar. Die hele spul is vol dwelms!

julius ·

Massa histerie is lank terug voorspel. Onlangs het dit ook in ‘n polisiestasie gebeur en niemand wou weer nagskof werk nie. Iets met bose magte te doen. Dit gaan meer gereeld voorkom.

Christel ·

Hierdie simptome is tipies van skisofrenie ook. Maar ek dink dalk het dit te doen met een of ander Muti wat gedrink is. Ons besef nie hoe n belangrike rol sangomas, toordery en ancestors in dié mense se lewens speel nie – veral in die plattelandse gebiede. Sien dit elke dag.

Deirdre ·

Jare gelede was +-1967 was daar ook 3 dogters wat ook nie wou toets skryf nie. Hulle het “mal pitte” gekou. Dit is so ‘n bossie wat geel en pienk blommetjies dra, se saad. Ek het later gaan verpleeg en ook dit daar tee gekom. Die toksiese uitslag was gelykstaande aan atropine vergiftiging.

Lola ·

Ok maar tog glo ek nie die adjunkhoof sal goed drink of kou om nie “toets” te skryf nie. As dit nou net die meisies was ja maar die adjunkhoof ook iewers daar is iets nie pluis nie. Hulle sal maar moet toetse doen op almal en uitvind of dit dalk iets is wat hulle almal geeet of gedrink het. Daar is so baie mense wat dwelms in goed gooi en dit aan die kids by skool verkoop. Dalk n koeldrank of iets en die hoof het ook dalk een gekoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.