Tiener sterf toe boom op plakkershuis val

Foto: ER24

ʼn 14-jarige meisie is Dinsdagoggend dood toe ʼn boom op hul plakkershuis in Emsagweni, Witbank in Mpumalanga geval het.

“Plaaslike owerhede en die brandweer was reeds op die toneel toe paramedici omstreeks 12:50 aangekom het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “ʼn Groot boom het ʼn deel van die klein plakkershuis verwoes. ʼn 14-jarige meisie se liggaam is in die huis gevind. Sy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Die ma, wat ook in die huis was toe die boom omgeval het, het nie enige beserings opgedoen nie.

Plaaslike owerhede stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.