Tiener sterf tydens wetenskapeksperiment

Argieffoto

Argieffoto

Chauncey Davids (14) van Mitchellsplein in Kaapstad is Donderdag dood toe hy ʼn wetenskapeksperiment by sy huis wou naboots, berig Eyewitness News.

Davids het glo ʼn eksperiment by die skool gesien wat ʼn plastiek-deodoranthouer en ʼn sigaretaansteker behels, en toe hy dit by die huis wou nadoen, het dit ʼn ontploffing verooroorsaak.

EWN berig die departement van onderwys sal beraders na die skool stuur om die leerlinge en onderwysers te ondersteun.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tertius Vosloo ·

Erens klink iets nie reg – ek’t nog nooit ooit n plastiek deodorant bottel in Pta in my hand gehad nie, tensy dit die aanrol tipe botteltjie is – hoe kan dit ontplof, die bottel sal smelt – dit moes n metaal deodorant houer gewees het, dit kan deur n sigaret aansteker warm gemaak word, gas bou op en ontplof terwyl die gas aan die brand raak buite die houer! Dit moes n metaalhouer gewees het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.