Tiener terug na Engeland ná ernstige rugbybesering

George Robinson (17) voor sy besering.

George Robinson (17) voor sy besering.

George Robinson (17) keer Woensdag terug na Engeland nadat hy in Julie tydens ʼn wedstryd op ʼn rugbytoer in Suid-Afrika ernstig beseer is.

George, ʼn leerling aan die Stamford School in Lincolnshire, het op 27 Julie ʼn ernstige nekbesering opgedoen tydens ʼn wedstryd teen Hoërskool DF Malan in Kaapstad.

Hy het ná die besering ʼn operasie ondergaan en is sedertdien in die hoësorgeenheid van die Melomed-hospitaal in Bellville behandel waar hy vir 37 dae met behulp van ʼn ventilator moes asemhaal. Hy sal met ʼn lugambulans teruggeneem word na sy tuisland.

Die seun se pa, Simon Robinson, het Dinsdag in ʼn verklaring Suid-Afrikaners bedank vir al hul ondersteuning.

“George se ervaring het baie mense se harte aangeraak,” het Robinson gesê. “Die besering en ervaring het sy lewe ook verander. Ons gaan nou terug huis toe om die volgende deel van sy herstelproses te begin.”

Robinson beskryf sy seun as ʼn gewilde leerling wat uitblink op skool en ook prefek is. “Hy is akademies sterk, ʼn talentvolle akteur en ʼn kranige sportman. Hy is baie na aan sy jonger broer, Edward, en sy hele familie.”

Oor George se vordering sê Robinson hy toon sterk karakter, vasberadenheid en aanpasbaarheid. “Ons as ouers is baie trots op hom. Sy ambisie om sy laaste jaar van skool te voltooi en dan universiteit toe te gaan, bly onveranderd.”

Robinson het gesê soos wat hulle die eerste hoofstuk van George se herstelproses afsluit, wil die familie alle Suid-Afrikaners wat hulle ondersteun het hartlik bedank.

“Daar is so baie mense om voor dankie te sê. George het ongelooflike sorg, liefde en deernis ontvang terwyl hier in Suid-Afrika was,” het Robinson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Magda Botha ·

Politiek moet geen rol in sport speel. Net verdienste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.