Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die verkragting het op 23 Mei plaasgevind. Volgens Zwane was die meisie se ma by haar huis in Thokoza toe sy haar kind hoor skree het by die bure se huis.
“Sy het gaan uitvind wat aangaan, maar die deur was gesluit en die kind het binne gehuil. Sy het geklop, maar niemand het oopgemaak nie. Sy het hierna besluit om deur die gaatjie in die deur te loer en het gesien hoe die beskuldigde die kind verkrag.”
Volgens Zwane het die vrou haar ma geroep om haar te help om die deur oop te kry. Die meisie is bebloed op die vloer aangetref. Zwane het gesê die kind is ernstig beseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.
Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, het die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Howick geloof vir die vinnige skuldigbevinding en vonnisoplegging van die beskuldigde.
15 jaar en so siek wat gan met die mensdom aan hy het sy eie toekoms verwoes en die kleintjie van 3 jaar..
Net tien jaar??? Dis belaglik. Die dogtertjie is vir die res van haar lewe “gescar”
Tien jaar? Kan ons regstelsel nie ‘n swaarder straf lewer veral as dit by sulke bitter klein dogtertjies kom nie? Dis nie ‘n ” normale ” verkragting nie dit is sielsiek en boos! Dis skokkend! As jy op 15 jaar so siek is gaan jy nooit rehabiliteer nie!
Siek, siek!!! Ek wou naar word ek dit lees.
Net 10jaar? As hy op 25 (of dalk vroeër) vrygelaat word, wie en hoeveel dogtertjies en vrouens gaan hy dan verkrag?
miskien gaan hy ook net 10 maande sit
Ja Hans sy jeugdige ouderdom gaan hom een van die dae op straat he. Verkragters rehabiliteer nooit. Dis in die DNA.
Dis verby siek… maar my vraag is die volgende: as die ma vy die huis was wat soek haar kind alleen by die bure????????? Ag nee man in vandag se lewe los jy nie eens jouself alleen nie wat nog te praat van jou 3 jarige DOGTERTJIE!!!!!!
ASB!!!! 10 jarige behoort nog karretji te speel, maar dis omdat di kinders van vandag so vroeg geleer word van sex!!! In my dae ht ons nog ni eers aan sulke dade gedink!!! Sies dis om van siek te word!!!!
En dan se hulle ons moet n nasie bou, asseblief!!!!
Dit is afskuwelig, maar die seun is 15 jaar
oud, dit staan tog baie duidelik in die berig. Kom seker van die inisiasieskool af waar hulle hom geleer het hy is nou n man? Nou kan hy doen wat hy wil, vrouens moet nou na hom luister.