Tiener tydens Bloem-betoging doodgeskiet

Skermgreep uit die video (Mdavino/Twitter)

ʼn 57-jarige sekuriteitswag is Maandagoggend in hegtenis geneem ná ʼn tienerseun tydens gewelddadige betogings in Bloemfontein doodgeskiet is.

Brigadier Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê ʼn groep betogers het op ʼn pakhuis in Dr Belcherweg toegeslaan. “Die sekuriteitswag was alleen en het ʼn skoot afgevuur om die groep te verjaag, maar hy het ongelukkig ʼn 15-jarige seun getref. Die seun is op die toneel dood.”

Die sekuriteitswag sal na verwagting binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklag van moord.

(Foto: Msotho/Twitter)

In nog ʼn voorval is ʼn algemene bestuurder van die munisipaliteit by Mangaung Metro Solid Waste, aangeval op pad werk toe. Die 41-jarige man het met sy BMW in MacKenziestraat in Heidedal gery toe hy deur ʼn silwerkleurige Isuzu-bakkie voorgekeer is. “Drie mans het uit die bakkie geklim en ʼn vuurwapen op hom gerig toe hulle hom nader. Hulle het hom aangesê om uit sy motor te klim. Hulle het met sy BMW weggery en ná ʼn paar minute is die motor gevind waar dit aan die brand gesteek is. ʼn Saak van kaping word ondersoek,” het Makhele bygevoeg.

Polisiebeamptes was deurnag op patrollie op plekke waar betogers doenig was. Verskeie paaie in Bloemfontein, Kagisanong, Heidedal, Kopanong en Bloemspruit is met buitebande wat aan die brand gesteek is, klippe en ander voorwerpe versper.

“Sewe verdagtes is reeds in hegtenis geneem en sal na verwagting ook binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van openbare geweld.”

Makhele het gesê die situasie is steeds gespanne en beamptes bly op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jaco ·

Algemene bestuurder het ‘n BMW. Mangaung munisipaliteit betaal goed. Kan ek ook daar gaan werk?

Tiptol ·

Die sekuriteitswag het vir sy lewe gevrees. Dit moet ‘n aaklikge werk wees.

Surfer ·

N saak van “Kaping”, skrik wakker, dis terrorisme teen ons. Die motor is uit gebrand, hulle wil net wys: “Ons kan want ons mag”

Danie ·

Kan Afriforum nie asseblief die sekuriteitswag gaan bystaan nie?

Louise ·

George ek stem saam, niemand kaap n motor net om hom aan die brand e steek nie
Maroela, julle bedoel seker patrollie op plekke en nie plakke nie…

Megan Swart ·

Dagsê Louise
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.