Tiener tydens Houtbaai-betoging geskiet

Betogings in Houtbaai in die Wes-Kaap. Foto: Henk Kruger/ANA

Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) ondersoek ʼn voorval waartydens ʼn 14-jarige seun vandeesweek tydens ʼn betoging in Houtbaai naby Kaapstad geskiet is.

Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, het gesê die skietvoorval het Dinsdag gebeur en is op video vasgevang. Dié beeldmateriaal is sedertdien op sosiale media versprei.

“Die skietery is nie by Opod aangemeld soos deur die Opod-wet vereis word nie. As daar nie geldige redes gegee word hoekom die voorval nie aangemeld is nie, sal bykomende aanklagte bygevoeg word,” het Dlamini gesê. “Ondersoekers van Opod het die ma van die slagoffer Donderdag besoek om haar verklaring af te neem.”

Dlamini het gesê ʼn saak van poging tot moord word ondersoek. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.”

Inwoners van Hangberg in Houtbaai het vandeesweek die strate ingevaar in ʼn betoging teen die toekenningsproses van visvangregte en ʼn tekort aan dienslewering in die gebied. Polisiebeamptes moes skokgranate, rubberkoeëls en traangas gebruik om die woedende skare in bedwang te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lba ·

Wat soek die kinders daar. Wat weet hulle van betoog. Die ouers wat hulle kinders toelaat om dit by te woon moet die skuld dra

Protes ·

As hulle hulself gedra en nie die wet oortree nie het hulle mos niks te vrees nie so weeg op wat die beste vir jou gaan wees

Annie ·

Wat doen die kinders daar – hulle is veronderstel om in die skool te wees – en as hulle niks gedoen het nie sou die Polisie hulle nie geskiet het nie – maar daai outjie het mooi geleer by sy ouers, Zuma en al die ander nie geskoolde mense.

Callie ·

Tumi Morake is dalk reg. Die wat nie educated is nie is stupid.

willem steenkamp ·

Betogings het plaasgevind omdat die mense visvangregte hulle ontneem is en dus hul reg om voortbestaan. Ek kan maar net raai wie nou die nuwe houers van die visvangregte is.

O aarde ·

Jy mede-betogers vernietig onder andere privaat eiendom, en jy verwag die polisie moet jou met fluweelhandskoentjies hanteer? Na Marikana en nou die petalje, gaan die polisie nog mider genee wees om op te tree teenoor misdadigers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.