Tiener tydens huisroof verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 18-jarige meisie is in haar ouerhuis in Welkom in die Vrystaat verkrag terwyl haar gesin tydens ʼn huisroof aangehou is.

Sers. Mamello Mokhuoane, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die voorval het Vrydag in Jerusalempark plaasgevind.

“Die tiener was besig om kos vir haar gesin te maak toe sy ʼn klop aan die kombuisdeur gehoor het,” het Mokhuoane gesê.

“Sy het die stem gehoor van een van die mense wat ʼn kamer in hul agterplaas huur en die deur oopgemaak. Sy het toe gesien dat die huurder se hande met ʼn gordel en T-hemp vasgebind is.”

Die tiener het gepoog om die deur toe te maak, toe vier mans dit oopgedruk en toegang tot die huis verkry het.

“ʼn Verdagte het haar aan haar hare gegryp en op haar selfoon aangedring, waarna die groep haar en die huurder na die hoofslaapkamer gedwing het.”

Die slagoffer se ma was in die hoofslaapkamer toe die groep haar daar oorval het. Die verdagtes het haar aangerand en op geld en haar selfoon aangedring.

“Die tiener se jonger broer het die rumoer in die hoofslaapkamer gehoor en gaan ondersoek instel. Die verdagtes het hom ook aangerand, waarna die ma, seun en huurder met verlengingskoorde vasgebind is.”

Een van die mans het na bewering die meisie na ʼn ander kamer geneem waar hy haar vasgebind en verkrag het. Haar pa het intussen by die huis aangekom en is ook deur die mans oorval en in die hoofslaapkamer vasgebind.

Die groep het met ʼn bedrag geld, selfone, ʼn skootrekenaar en elektriese ware van die toneel gevlug.

Die meisie kon daarin slaag om haarself los te maak en het by bure gaan aanklop om hulp.

Die Thabong-polisie is ontbied en ʼn saak van verkragting en huisroof is aanhangig gemaak vir verdere ondersoek.

“Een van die verdagtes se selfone het op die toneel agterbly. Die slagoffer kon die man wat haar verkrag het op een van die selfoonfoto’s identifiseer.”

Die verkragtingsaak word deur die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe ondersoek.

Mokhuoane het gesê die ondersoek is in ʼn gevorderde stadium.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Irene Pelser ·

Stem saam. Kastreer hulle. Bring die doodstraf terug

Raymond Bastone ·

Dit is skandelik hier is net gahos in die land nie eers meer veilig by jou huis nie. Nee Nee Nee iets moet gedoen word

KarooKlong ·

George, ons het dit al lankal gesê en sê dit nog elke dag maar ons wat dit sê is net te min om dit te stop.

Joey ·

Bàie sterkte aan die gesin. Hierdie insident sal vir jare ‘n impak op hul lewe hê nie. Moontlik vir res van ‘n lewe. Dink aan die ouers se hulpeloosheid toe hul besef hul dogter word verkrag. Al hierdie sinnelose geweldsdade vind plaas oor hier nie meer wet en orde in ons land is nie, en oor die straf ‘n grap is. Mense sit skaars 5 jaar in tronk en dan ontvang hul nog gratis studie geleenthede ook. Stap daar uit met diplomas . Gratis en verniet.

Patroina ·

Ek wonder nou “die geleerheid” is dit medaljie vir wat hy gedoen het..of is dit medaljie omdat jy waaragtig berou getoon het en jou slagoffer jou vergifnis geskenk het..ek sal bly wees of iemand ons net kan inlig rondom die saak…

Jean ·

Dis ontsettend, nou word HUISROOF seker weer ondersoek? WAT op AARDE laat jou iemand verkrag as jy daar is om ‘n selfoon te roof? Ek sal nooit ooit die logika daaragter verstaan nie, dat jy tyd mors om ‘n jong meisie te verkrag, terwyl jy gekom het om te STEEL?? Hoe moet hierdie mense oor hierdie trauma kom? Wat word aan ons jongmense gedoen? Dan gaan almal aan oor ‘n sms of ‘n whatsapp boodskap en haat wat gekweek is, wat van die HUIDIGE jongmense se haat wat NOU gekweek word?

Theresa ·

Monster wat verkrag het, moet ‘n vreeslike straf opgelê word. Die barbaarse element in die samelewing moet spoedig verwyder word. ‘n Verkragter is ‘n verpestelike tipe wat oral onwelkom is en aaklige dade pleeg. Baie sterkte aan almal wat deur hierdie hel gegaan het. Mag die polisie spoedig die skuldiges vastrek. Laat ons weet wat gebeur.

Theresa ·

Ek vermoed mense hou terug omdat hul besef, as daar losgetrek word om die vieslikhede in ons samelewing tot bedwang te bring, dit vreeslik gaan wees.

Rina Jonker ·

Wanneer Mnr die President Zuna gaan jy wakker word en sê die doodstraf is in nig n bietjie slaap nog n bietjie sluimer. Ek gaan vas en bid dat GOD sy weernag instuur dit is nou tyd genoeg is genoeg

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.