Tiener van baba se verkragting beskuldig

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 15-jarige seun van Limpopo wat van die verkragting van ʼn babadogtertjie beskuldig word, het in die landdroshof in Tzaneen verskyn.

“Die saak is Maandag voorlopig teen die seun teruggetrek hangende die uitslag van ʼn DNS-toets,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, Dinsdag gesê. “Die tiener word by ʼn plek van veiligheid aangehou.”

Otto sê die verkragting is op 1 Junie by die Letsitele-polisiestasie aangemeld. Die polisie se gesinseenheid ondersoek die saak.

Die Sowetan het berig die tiener en sy 10-jarige broer, twee weeskinders, het om die beurt hul eenjarige niggie verkrag. Die twee het glo die baba uit hul ouma se kamer gaan haal en haar naby aan die huis verkrag. Die kind se ma het ontdek wat gebeur het toe sy haar gebad het.

Die twee het glo skuld beken toe hulle ondervra is, berig die koerant. Die 10-jarige is in sy voog se sorg vrygelaat. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

Dis darem baie barbaars en wreed. Hoe op dees aarde verkrag iemand (in die geval bogsnuiters) ‘n klein babatjie?

Hulle moes rugby of sokker gespeel het saam met hul maats. Nou is hulle lewens (nie dat ek omgee nie) verwoes.

En die kleine baba en haar mamma kry die swaarste.

pop ·

Hierdie patetiese regering moet gaan kyk na Botswana se regstelsel. Stel voor die voet die gemors tereg!!!!!10 jr oud en hulle begin sommer met so n vieslike daad, as hulle 20 is moor hulle iemand. Die burgers van hierdie land is uitgelewer aan die barbaarste uitvaagsels op die planeet. Die duiwel se werk hier is klaar, hy hou vakansie op n eiland iewers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.