Tiener van bewegende trein afgestamp

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 14-jarige seun is Vrydag op ʼn trein naby Warner Beach in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, beroof en toe afgestamp.

“Die pasiënt het aan paramedici gesê hy is beroof voordat hy van die bewegende trein afgestamp is,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. Hy het geringe beserings opgedoen. Hy is na ʼn hospitaal in Umlazi, suid van Durban, geneem.

Hy is glo van ʼn sak en ʼn selfoon beroof. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.