Tiener van moord aangekla

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn 16-jarige seun word van moord aangekla nadat hy Sondag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem is in verband met die moord op die 17-jarige Franzlin Willemse van Rosedale in Pacaltsdorp.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die polisie is Sondag omstreeks 01:15 na Lamechstraat  ontbied waar hulle ʼn woedende skare aangetref het wat om die liggaam van Franzlin saamgedrom het.

Franzlin het ʼn steekwond aan die bors gehad en paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

Pojie sê ʼn nadoodse ondersoek sal nog gedoen word om die presiese oorsaak van die seun se dood te bepaal.

Die polisie het kort daarna ʼn ander tiener in verband met die moord in hegtenis geneem. Hy word in hierdie stadium in die Pacaltsdorp-polisiestasie se selle aan gehou.

“Die omstandighede rondom Franzlin se dood word ondersoek,” het Pojie gesê.

Omdat die verdagte ʼn minderjarige is, word hy nie geïdentifiseer nie.

Hy sal sou gou moontlik in die George-landdroshof verskyn waar hy op ʼn aanklag van moord tereg sal staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kokerboom

Dis altyd tragies waar moord op jongmense ter sprake is. Dit weerspieel weereens ons land se verrotte samelewing veroorsaak deur sosio-ekonomiese probleme soos swak onderrig/skole, opgebreekte gesinne, gebrek aan voldoende werk, gebrek aan discipline, ‘n falende regstelsel, korrupte owerheidsinstellings, gebrek aan wedersydse respek en vele meer!!Die moedelose jeug is ‘n tydbom wat wag om te ontplof!!!

Magda

Nie minderjarig toe hy die moord gepleeg het nie – se wie hy is – genoeg dat moordenaars beskerm word as hulle 16+ is. Oug genoeg om moord te pleeg ou genoeg om sy naam te noem. Hoop hy kry Lewenslank sonder enige parool eendag. Ons strawwe is te lig en dit moet dringend verander word.

Cornelius

Moord en doodslag het nou die land se kultuur
en samelewing geword. Dis al wat n mense elke dag lees.

Heinrich

Ja dis wat mens kry wanneer jy lyfstraf en geloof uit die skole uitneem; geen waardestelsel nie.

Cecilia

Dis al d geweld in kinderstories waar karakters mekaar v geboue afgooi, skiet met strale en steek met lemme dan oorleef d slagoffer omdat hy “super powers” het. Geen meer disipline in d huise of skole nie en geen respek vir mekaar nie. Dis d waardestelsels waaraan kinders blootgestel word.
Ouers moet weer beheer oor kinders uitoefen en tv beperk tot n uur n dag onder toesig.