Tiener vas na hy glo 2-jarige verkrag, vermoor

court-hammer_thumbʼn 16-jarige seun is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn tweejarige seuntjie verkrag en vermoor het, het die polisie in die Oos-Kaap Dinsdag gesê.

Ao. Dumile Gwavu, woordvoerder van die polisie, het gesê die tweejarige seuntjie het Sondagmiddag saam met ander kinders in Songololostraat in Soweto on Sea in Port Elizabeth gespeel.

Volgens Gwavu het die seuntjie verdwyn en sy liggaam is later by ʼn huis in Serotestraat gevind. Hy is vermoedelik verkrag.

Gwavu het gesê dit is nog nie duidelik of die seuntjie verwurg is nie en dat ʼn nadoodse ondersoek die presiese oorsaak van sy dood sal bepaal.

Die verdagte is Maandag in hegtenis geneem en sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SNEL ·

Dis met sulke goed wat ek wens die doodstraf was nog in, hulle moet uit die samelewing verwyder word!!! Siek gemors.

pop ·

Ten minste was ons in die ou RSA beskerm van die tipe afskuwelikhede. Want jy sou gehang het.

Theresa ·

Siek is nie die woord nie. BRING TERUG DIE DOODSTRAF. Hy verdien nie om in die samelewing te wees nie. ‘n Lewe vir ‘n lewe. Dit sal stukke beter gaan in die vernietigende land van ons as die doodstraf terugkom. Hoop daai een wat die ou dogtertjie vermoor en aan die paal opgehang het – word ook gevang. Miskien moet die gemeenskap maar intree vir die regering wat te slapgat is om iets te doen aan misdadigers.

Babs ·

ANC se skuld. Finish en klaar! Of hulle dit wil weet of nie.

bekommerd ·

Vat die sweersel en gooi hom in n hok waar hy hoort. Ek verstaan vandag hoekom ek nooit n polisie beamte of hof beamte geword het ni!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.