Tiener vas ná mislukte transitorooftog

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn 17-jarige is in hegtenis geneem nadat ʼn skietery Saterdagoggend in Kaapstad tussen veiligheidswagte en vermeende transitorowers ontstaan het.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn transitovoertuig het om 10:45 by die Nolungile-treinstasie in Khayelitsha stilgehou om kontant op te laai. Terwyl die veiligheidswagte op pad was terug na die voertuig, het ʼn groep van vyf gewapende verdagtes onverwags op hulle losgebrand.

“Die veiligheidswagte het teruggeskiet en die verdagtes het te voet in die rigting van die nabygeleë taxi-staanplek gevlug,” het Ramovha gesê.

Plaaslike polisiebeamptes en lede van die Valke se nasionale buro vir die beheer van onwettige vuurwapens, prioriteitsmisdaad en teengeweldsmisdaad is na die toneel ontbied. ʼn Soektog na die verdagtes is van stapel gestuur en die tienerseun is by die taxi-staanplek aangetref waar hy op die grond lê met skietwonde aan sy lyf en ʼn gelaaide handwapen naby hom.

Hy is in ʼn kritieke toestand onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Die oorblywende verdagtes is steeds op vrye voet.

Die tiener sal in die Khayelitsha-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot roof, poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen sodra hy uit die hospitaal ontslaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Daan ·

17 jaar ou en hy doen sulke dinge. Hou hom maar in die tronk. Hy gaan nooit daar uitbly nie.

Thea ·

Waars die ouers??? Op my dag sou my gatvelle gewaai het as my ouers moes uitvind ek as tiener kind is by sulke kriminele dade betrokke!!

Geen lyfstraf ·

Nee mense, sy gatvelle gaan nie brand nie. Dis die nuwe SA – lyfstraf is mos nou amptelik onwettig.
Ek wonder wat gaan vandag se tieners op hulle beurt, wanneer hulle 40 is, oor kinders sê. En hoe gaan die wêreld lyk oor 23 jaar?

Dereck Le Roux ·

Skiet die tiener en kyk watter moeilikheid tel jy op omdat jy ‘n “onskuldige honger tiener” doodgeskiet het, soos in die politiekmaak kriminele ook gebruik van tieners om die vuil donkiewerk vir hulle doen omdat die dood van ‘ntiener soveel meer emosionele en politieke reaksie kan ontlok en die kriminele daad daaragter met die grootste gemak kan skuil.

Marc Mac ·

Ja shame, hy was seker net daar om verkeer te help herlei, of om die sekuriteits wagte te help dra aan die swaar kaste. Arme onskuldige tiener..

LB ·

Nog ‘n miderjarige wat raakgeskiet is, hierdie keer het iemand moontlik van die regte kleur hom raakgeskiet en word daar nie ‘n bohaai gemaak van wie hom geskiet het nie.

Wiehan ·

Nee, dis nie sy skuld nie, dis apartheid se skuld. As dit nie daarvoor was nie sou hy nie geroof het nie. Hahaha

marous ·

Waarom word die wag nie toegesluit vir poging tot moord op ‘n minderjarige nie?

SARIE VAN HEERDEN ·

Watter kleur was hierdie arme tiener wat oud genoeg is om kwaad te doen maar sy kleur mag nie bekend gemaak te word nie omdat hy waarskynlik nog te jonk is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.