Sandra Malcolm (74) se liggaam is op 19 April in haar huis in Leaweg gevind. Sy is verskeie kere met ‘n mes gesteek. Malcolm se kleinseun het glo op haar lyk afgekom nadat hy deur ‘n venster van die huis geklim het toe sy nie die deur oopgemaak het nie.
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die verdagte Woensdagmiddag in hegtenis geneem is. “Die verdagte is tans in aanhouding by die Muizenberg-polisiestasie en sal Maandag in die Muizenberg-landdroshof verskyn.”
ʼn Polisiebron het aan News24 gesê die verdagte het glo nie die slagoffer geken nie.
Hou nou dop,aan die einde van die jaar die groot base se bonuses.
Jakes, nou ? ? ?