Tiener vas ná moord op buitelander in Kaapstad

Sandra Malcolm. Foto: mirror.co.uk

Sandra Malcolm. Foto: mirror.co.uk

ʼn 18-jarige vrou van Citrusdal is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n Skotse vrou wat drie weke terug dood gevind is in haar huis in Lakeside, Kaapstad.

Sandra Malcolm (74) se liggaam is op 19 April in haar huis in Leaweg gevind. Sy is verskeie kere met ‘n mes gesteek. Malcolm se kleinseun het glo op haar lyk afgekom nadat hy deur ‘n venster van die huis geklim het toe sy nie die deur oopgemaak het nie.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die verdagte Woensdagmiddag in hegtenis geneem is. “Die verdagte is tans in aanhouding by die Muizenberg-polisiestasie en sal Maandag in die Muizenberg-landdroshof verskyn.”

ʼn Polisiebron het aan News24 gesê die verdagte het glo nie die slagoffer geken nie.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jakes ·

Hou nou dop,aan die einde van die jaar die groot base se bonuses.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.