Tiener vas ná skok-video          

‘n Skermskoot uit die video.

WAARSKUWING: Die video onderaan die berig is gewelddadig van aard en mag sensitiewe lesers en kinders ontstel.

ʼn 19-jarige verdagte is in hegtenis geneem in verband met ʼn video wat vandeesweek op sosiale media aan die lig gekom het waarin ʼn skoolseun ʼn meisie aanrand.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, het Saterdag bevestig dat streng optrede geneem gaan word nadat die beweerde aanranding by ʼn skool in Inanda, noord van Durban, plaasgevind het.

Maroela Media het Donderdag berig die gewelddadige video wat op sosiale media versprei word, word met “afgryse en skok” ontvang.

In die video kan ʼn mens sien die voorval is op ʼn skoolterrein afgeneem en wys hoe ʼn skoolseun ʼn skoolmeisie gewelddadig aanrand.

Die polisie kon sedertdien vasstel dat die slagoffer ʼn 16-jarige meisie is en dat die voorval in November verlede jaar by die Siyathuthuka Secondary School plaasgevind het. Die seun was toe ʼn medeleerling gewees.

Die motief vir die aanranding is nog nie bekend nie.

“Dit is baie ontstellend om te sien hoe ʼn jong vrou op so ʼn manier deur ʼn medeleerling aangerand word in ʼn plek waar sy veilig moes wees,” het genl.maj. Bheki Langa, die provinsie se waarnemende polisiekommissaris, gesê.

Die verdagte moet binnekort in die hof verskyn op aanklag van aanranding met doel om ernstig te beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Louisa ·

Hoekom.word die oortreder beskerm om sy gesig uit te blur ????????

Ana ·

Dit is GEEN rede om aan `n vrou te slaan nie, dis mans wat geen opvoeding en GEEN respek het vir vroue wat so optree. En as hy haar `n 4 letter vrou genoem het?? is dit dan rede genoeg vir `n vrou om `n man dan aan terand??? aaag asb!!!!

Mielie ·

Ek wonder nou wat gaan gebeur met die skoolhoof omdat hulle nie teen die kind opgetree het nie? Snaaks hoe gemeenskappe verskil, een lot brand n dorp af ander toi toi ander bly tjoepstil. Ook verbasend hoe die minister van polisie nie n woord uiter nie? Laat mens nie net wonder oor die wette in die land nie, maar ook die blatante diskriminasie en intimidasie teenoor ander rasse. Dis net nuuswaardig as Jan van Riebeeck se mense ter sprake kom.

Ettienne ·

Wanneer gaan julle die video storie uitsort??!! Meeste van julle video berigte werk nie. Moenie sê my data konneksie is die probleem nie! 100 Meg per sekonde is nie stadig nie. Julle website is die probleem!!!

Hanna ·

19 jaar oud en in std 7? Hoekom moet 13 en 14 jarige meisies aan n bykans volwasse man op die skoolbanke blootgestel word? Iets is nie reg nie… My dogter is 14 jr oud en ek sidder.

Bil ·

Sy gesig word geblur want hys tienteen een minderjarig of nog nie verskyn en gepleit nie. Mar sy slagoffer se gesig word gewys ek se wys sy gesig laat die kind skaam kry as hulle so iets voel

Ada ·

Hy is NIE minderjarig as hy 19 is nie dus kan sy gesig gewys word.

johan kruger ·

Hulle moet die wat die voorval afgeneem.het ook arresteer hy net so skuldig stasn en.giggel terwyl sy vriend haar aanrand

Ida ·

Die persoon wat die video gevat het is net so skuldig, hy/sy kon gehelp het of hulp gaan haal het, sluit hulle toe, maar vir fun in ‘n vrouetronk

Tanya ·

Dis siek. Niemand moet so behandel wors nie. Maak nie saak Wat nie.

Wendy Stols ·

Sekere mans/seuns het geen respek vir vroue. Hul word so geleer. Pa’s wat vroue en kinders soos honde behandel. Ek word net hoekom het die ander een met die wit hemp wat nader gestap het daardie ander vroueslaner nie n paar goeie warm klappe gegee nie.

Douwlina ·

Die video kan nou goed gebruik word. Dus was dit op die einde getuienis./bewysstuk.

Anoniem ·

Nog skokkender is die volwassene ( onderwyser?! ) wat op die video net toekyk en verby/weg stap!

Agnee ·

Anoniem: Waar sien u in die video volwassenes/onderwyser wat net aanstap – dit is klomp skoolkinders.

Hanna en Adriana
Die skool is seker n spesiale skool (hand Vaardigheids skool) daarom is die seun nog in st 7 hul het nie matriek soos in gewone skole nie en die seun bly in skool tot op 19 dan moet hy skool verlaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.