Tiener vas ná sy glo kêrel se ouma steek

Argieffoto

ʼn Agttienjarige meisie wat in hegtenis geneem is nadat sy glo in haar kêrel se ouma se huis ingebreek en die 64-jarige vrou met ʼn mes gesteek het, sal Vrydag om borgtog aansoek doen.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê die tiener het Maandag vir die eerste keer in die Bultfontein-landdroshof in die Vrystaat verskyn waar die saak tot môre uitgestel is.

Volgens Thakeng het die voorval Vrydag in Phahameng gebeur. Die meisie het omstreeks 22:30 na die vrou se huis gegaan om na haar kêrel te soek en die man se ouma het gesê hy is nie tuis nie. “Die beskuldigde het volgehou sy weet haar kêrel is daar en het om die huis gestap om ʼn beskadigde venster oop te maak en sodoende toegang tot die huis te kry,” het Thakeng gesê.

“Sy het na haar kêrel se slaapkamer toe gegaan, maar hy was nie daar nie. Daarna is sy na die ouma se kamer waar sy haar in die bed aangetref het. Die verdagte het ʼn tafelmes gevat en die vrou [na bewering] twee keer in haar kop, haar wang en in haar linkerskouer gesteek tot die mes middeldeur gebreek het.”

Thakeng sê die vrou het paniekerig probeer om haar selfoon te gebruik om vir hulp te bel, maar die meisie het die foon en haar beursie gegryp en deur dieselfde venster op die vlug geslaan.

Die ouma kon daarin slaag om die polisie te ontbied en beamptes het die meisie nagespoor tot by haar huis in Phahameng waar sy in hegtenis geneem is. “Daar was bloedvlekke op die meisie se klere toe sy in hegtenis geneem is,” sê Thakeng.

Die vrou se selfoon en beursie is ook in die beskuldigde se besit gevind. Die meeste van die geld wat in die beursie was, was egter skoonveld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

ES ·

En op grond van wat verwag sy om borgtog te kry? Sy is dan ‘n gevaar vir die samelewing?

John ·

… moet ons nie ook maar lisensies kry vir eetgery nie. Dit is tyd dat die cultural decline stop en daar weer met die hande geèet word soos toeka. Ons polisie-minister het sy hande vol om hierdie euwel te stop. Selfs lepels is nou al so potent soos ‘n Russiese masjiengeweer.

ster ·

liewe genade, tipiese tik gebruikers wat so iets sal doen. die arme Ouma. hoop sy word vining gesond.

Lynette ·

Dis nou wat ek noem ‘to dodge a bullet’! As die kêrel langer met haar te soen gehad het of hulle miskien tot trou gekom het, sou daar bitter swaarkry vir hom voorgelê het….

Susan ·

Dis nou wel nie die plek nie, maar wil net vra dat maroela ons op hoogte hou hoe dit gaan met daardie 22 jarige jong man wat van die motorfiets afgery is, asseblief.

piper ·

al daardie geld is op verdowingmiddels geblaas. die middels is besig om die wereld te verwoes en die howe is te sag met beskuldege

Hier kom n ding! ·

Dinge begin nou rof raak wanneer die vroulike geslag begin inbreek en mense met messe begin steek!!

NET EK ·

Oud genoeg om tronk toe te gaan – tronk toe en gooi sleutels weg

skool lewe ·

man! Sy wou sekerlik net geldjie gehad het vir Vrydag se Gr8 uitstappie, ek het mos reg gelees? 18? geen opvoeding meer nier

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.