Tiener vas oor brandstigting by skole in Limpopo

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 16-jarige tienerseun is in hegtenis geneem op aanklag van brandstigting by twee skole in Vuwani in Limpopo, het die polisie Dinsdag gesê.

ʼn Brand is Sondag by Vari Primary School gestig en Maandagaand by Denga Secondary School.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie in Limpopo, het gesê beamptes patrolleer die gebied en omliggende dele. Verdere inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie. Volgens Mojapelo was geen betogers te sien nie en die polisie sal nou hul strategie moet verander.

“ʼn Saak van brandstigting is aanhangig gemaak. Die polisie se ondersoek duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jan ·

Ek wonder wat gaan in die Wes-Kaap aan, daar lyk dit soos ‘n oorlog. Ek kan nie onthou dat ek ooit in my lewe van soveel brande daar gehoor het nie. Dit lyk erger as vuurwerke op Oujaarsnag. Verseker is by verre meeste daarvan nie van natuurlike oorsake nie.

Ek lees elders dat toerisme en landbou gaan daar vanjaar maar swaar kry. (En natuurlik die bose mense wat die brande gestig het.)

Penellope Jones ·

Op die voorblad van ‘n Kaapse koerant is die volgende hoofberig:
“”Brande ‘is verdag’ en word ondersoek.
Op News24 gister:
“”Waves of fires suspicious”
So dit wil voorkom of van die brande wel gestig was.
Dit is net eienaardig dat die brande almal in die bestek van ongeveer wee weke in min of meer dieselfde omgewing uitgebreek het. Twee historiese herehuise verwoe,s waarvan een die huis van Totius in die Paarl waar hy grootgeword het.
So dis bitter sleg, dit raak soveel op soveel maniere om nie te praat van die wildlewe wat doodbrand nie.

Lat ·

Al medisyne is ses van die bestes en laat hom loop. As hy nie voel nie sal hy nie hoor nie. Die pad na die ore en die kop loop deur die agterwêreld. Maar NEE dis mos sonde om tug korrek toe te pas. Sit hom in die tronk en hy leer nog meer skelm streke. So sal ons die vrugte pluk van ‘humanitêre’ optredes.

Matmiet ·

Hy het so gedink…”aaahhh man! Ek is nie lus vir skool nie… ek gaan my skool brand dan hoef ek nie te gaan nie… waar is my oom se lighter… aahh daarsy… oo griet! Dis die verkeerde skool… waar is my skool nou weer… daarsy… burn sucker! Whoohahahaha!”

Rasper ·

Zuma het mos op die 8/1/2017 met hul vergadering gese hulle moet die land vat en dis ook die EFF se beleid ook. Nou brand hul maar die land af. Ons gaan nie na die lokasies toe om hulle goed te gaan brand nie, hul brand ook nie hul eie huise af nie. Sodra hul skole of wat ookal afbrand, wie is die mense wat die geld gee om dit weer te bou. Ons het groot probleme ons kan net bid.

Jean ·

VAS? Sal julle ons asb op hoogte hou van die hofverrigtinge en sy gevolglike vonnis, want ek sien hier kom weer ‘n tiener met ‘n BEURS om te gaan medies swot. Ons kan maar net raai wat die gevolge gaan wees — groot inhegtenisname — daarna doodste stilte.

Grassie ·

Ek glo die tiener het net gedoen wat hy gesê is om te doen. Gedurende die onluste tydens die vorige bedeling het die ANC-aktiviste kinders uit die skole gehaal en hul aangesê om te betoog en moles te maak. Die kinders het dan onder donshael, rubberkoeëls en sambokke deurgeloop terwyl die dapper “struggle-helde” nêrens te sien was nie. Dit is so – ek was daar.

GEWONDER ·

Hy gaan seker nes die univeriteits studente wat eiendom so vernietig het op waarskuwing vrygelaat word. Jongmense word mos nie meer van verwag om verantwordelikheid te vat vir hul dade. Dis ‘n geval van “smile and wave”. Te lekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.