ʼn 15-jarige seun is in Butterworth in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn ander tiener tydens ʼn stryery met ʼn byl vermoor het.
“Die twee het Donderdag ʼn tradisionele seremonie in Zingqayi bygewoon,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, Saterdag gesê. “Hulle het mekaar begin terg toe hulle omstreeks 18:00 die seremonie verlaat het. Een van die seuns is huis toe om ʼn byl te gaan haal.” Hy het glo teruggekeer en die tiener, ook 15 jaar oud, aangeval.
Die slagoffer is hospitaal toe geneem waar hy met sy aankoms dood verklaar is.
“Die tiener sal Maandag in die Butterworth-landdroshof verskyn op aanklag van moord,” het Manatha bygevoeg.
Hoekom moet iemand altyd n ander leed aan doen wat somtyds tot die dood ly. Sulke mense is barbare.