Tiener vas oor groot hoeveelhede dwelms, vuurwapens

Foto verskaf deur SAPD Oos-Kaap

ʼn 19-jarige man is in Port Elizabeth in hegtenis geneem nadat hy glo met vuurwapens en groot hoeveelhede dwelmmiddels betrap is, het die polisie in die Oos-Kaap Saterdag gesê.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die teenbende-eenheid het ʼn wenk ontvang en Vrydag ʼn lasbrief vir ʼn soektog bekom op ʼn huis in Bethelsdorp.

“Beamptes het beslag gelê op 11 604 Mandrax-tablette, 1 397,5 g tik en 7 844,4 g dagga. Die verseëlde pakkies Mandrax-tablette is in die huis en op strategiese plekke in die tuin gevind,” het Naidu verduidelik. Die geraamde straatwaarde van die dwelmmiddels, waarop daar beslag gelê is, beloop R623 521.

“Polisiebeamptes het ook beslag gelê op ʼn haelgeweer en ʼn 9 mm-pistool wat in ʼn sak in die slaapkamer van die huis versteek is. Die haelgeweer is in Augustus 2016 as gesteel aangemeld in Ikamvelihle. Die reeksnommer van die pistool is verwyder.”

Beamptes het ook beslag gelê op R31 670 kontant, drie skale, ʼn selfoon, boeke waarin daar verslag gedoen word en ammunisie.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Vuurwapennommers behoort aangebring te word op plekke waar dit die wapen onbruikbaar sal maak indien dit verwyder word. Dit behoort moontlik te wees. Andersins behoort die nommers gedupliseer te word binne in die kas.

Mathys ·

R623, 512 se straat waarde, polisie kry 3 skale en verklaar R31, 670. So hierdie gesoute handelaar met 11,604!! Mandrax tablette, 1.4KG!! Crystal Meth!, 8Kg dagga, ‘n 9mm en ‘n haelgeweer het ‘n cashflow van 5% van sy voorraad!? Klink of die laaitie bietjie vergeet het wie hom beskerm in die dorp? Weer met sy mooi-gesiggie-voorregte wou wegkom, weer gedink het die polisie kan soos mamma en papa gemanupileer word, wel, raai wie gaan ‘n bietjie geslyp word in die bedryf?, wie se vaardighede gaan opgedateer word, wie se kwalifikasies gaan die belangrikheid van omkoopgeld insluit? Ons kinders se toekomstige voorkeur handelaar natuurlik, dalk ontmoet hy nog vir Lesufi se seun in die tjoekie? dalk antwoord hulle volgende jaar aan ‘n hoër orde? Wie weet?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.