Tiener vas oor moord van 95-jarige

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tiener is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 95-jarige vrou in Uitenhage naby Port Elizabeth in die Oos-Kaap.

“Speurders het die 17-jarige seun ná ʼn week lange ondersoek in hegtenis geneem,” het sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die vrou se bure het haar verlede week dood aangetref op die sitkamervloer in haar huis in Luytstraat. Die motief vir haar moord is onbekend.

“Die tiener is Donderdag in hegtenis geneem en hy word reeds met twee ander sake verbind. Hy sal Maandag in die hof verskyn op aanklag van moord, huisroof, huisbraak en diefstal,” het Nkohli bygevoeg.

Brig. Laurence Soekoe, Uitenhage-stasiebevelvoerder, het die misdaadtoneelspesialiste geloof vir “die manier waarop die bewyse ingesamel is” wat “die werk vir die speurders maklik gemaak het om die verdagte met die misdaad te verbind”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Dereck Le Roux ·

Hy word van alles aangeklae maar wat van die verkragtingsklag?

Dedré ·

Hoe maklik het dit geword om iemand net dood te maak? Unreal!

Hennie ·

17 jaar oud en reeds ‘n deurtrapte moordenaar? Is daar waaragtig niemand in die regering wat sien daar is groot fout nie? Waar is ons oor 10 en 20 jaar?

Johann ·

Probleem is dat die ouers die misdadigers kweek, as jy suip, dwelms misbruik, kan jy met geen outoriteit vir jou kind sê dat dit verkeerd is nie. Ouers hou op om galg toue vir jul kinders te vleg

AL ·

Party van die ma’s is so sleg dat hul by die huis sit om kindertoelaes te ontvang vir die stringe kinders wat hul verwek.
Daardie kinders begin reeds met n agterstand in die lewe.
Moord bly moord egter.

Madelyn ·

Julle moenie sommer so vinnig op die perdjie spring van die “ouers” wat sleg is nie!!!! Julle moet gaan luister na die getuienis van die ma wat se seun onderwysers en kinders afgemaai het in die “Colombine shooting” in die VSA. Julle sal huil as jul lees hoe n doodnormale ma die pyn moet deurwerk van haar kind wat BESLUIT het hy gaan mense vermoor. Daar is niks met haar verkeerd as ma nie. Sy het haar kind reg groot gemaak. Asb mense ons moenie so vinnig veroordeel voordat ons nie die feite het nie. Ja daar is slegte ouers, maar ons kan nie almal om dieselfde kam skeer nie.

johaan ·

vergeet die dronk ouers se voorbeeld … kyk na ons president se rekord dan vestaan mens alles….

AL ·

N SANDF klerk wie korrupsie en bedrog gepleeg het – sê reguit die korrupte ANC amptenare was vir hom n voorbeeld om geld by die werk te verduister.
Ongelukkig vir hom is hy nie n beter staatspos aangebied nie, en moet in hof verskyn.

Wonder ·

As hy borgtog kry, sit hy weer op die skoolbank. Geen leerder ongeag misdaadrekord word geweier. Ons as onderwysers moet hom akkommodeer, glimlag en onderrig

w ·

Le die probleem voor ouers se deur wie hul kids se verkeerde optrede gudpraat. Hul ontken altyd dat hul kids iets verkeerd gedoen het. Tweedens die Govt mos besluit hu ouers hul kids moet tugtig. Sorry gn kommunis sal my vertel hoe om my kids te tugtig. Buig die boompie terwyl dit jonk is

Anoniem ·

As hy so graag verder wil skoolgaan, moet hy maar na ‘n verbeteringskool gaan. Ek sal nie wil hê dat my kind langs hierdie gewoontemisdadiger in die klas sit nie.

"Eksê" ·

Alle school – drop outs is “ontluikende” up coming criminals. Of jy dit wil erken of nie.

Scalla ·

Vroeg ryp, vroeg vrot, verwyder die moordenaar uit die samelewing

Annie ·

As jy op 17 al so korrup is is daar nie hoop nie … hy kan ook nie met so rekord terug skool toe nie…. sleg verby

Wonder ·

Die onderwysdepartement onderskei nie. Skole het nie keuses as hy ingeskrewe leerder by ‘n skool is nie. Dit is waaraan goed gedissiplineerde en opgevoede kinders blootgestel word. Verbeteringskole bestaan al jare nie.

tamboti ·

die enigste manier om hierdie land te red van kriminele is: totale uitwissing! Ons wetlike en geregtelike gesag is reeds gekaap deur hulle en ons handjievol wetsgehoorsames is net hul melkkoeie.
Ons enigste uitweg is: “if you can’t beat them, join them”!

Adeline ·

Vieslike krimineel! Dis al wat hierdie kriminele ken, moor, roof, martel, verkrag. Dis om van siek te word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.