Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die seun (17) is glo ʼn lid van die Junky Funky-bende. Hy is in hegtenis geneem nadat ʼn lid (42) van die Americans-bende Donderdagaand buite ʼn winkel in Blackbirdlaan geskiet is.
“Volgens inligting was die slagoffer saam met ʼn vriend by die winkel, toe ʼn man op hulle afgestap en hom geskiet het. Hy het skietwonde aan sy been opgedoen en is na die hospitaal geneem vir behandeling,” het Rwexana gesê.
Die tiener sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord.
Die bende geweld is erg. Dus goed dat dit was gevat word.
Was gevat soos om onder bomme te skuil?
Die kommerwekkendste is dat sodra hy borgtog kry, hy terug skool toe kan gaan. N skool kan nie die tipe kriminele weier nie. Ongeag sy misdaadrekord
Weereens moet ons vir Zuma en die minister van polisie dankie se want hul weier dat die weermag in bende geweld geteiterde gebiede ontplooi word…