Tiener vas vir moord ná man aan heining hang

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Tienerseun wat lid is van ʼn berugte bende in Thabong, in die Vrystaat, is Maandag in hegtenis geneem vir moord.

Sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 15-jarige seun, ʼn lid van die Fire Boys-bende, het na bewering ʼn 30-jarige man doodgesteek. Die oorledene, Simon Motseko Lenka, was glo ʼn lid van die TDK-bende.

Lenka is gevind waar hy naby sy huis aan ʼn duiwelsvurkheining gehang het, met ʼn skerp voorwerp in sy nek gesteek. Mokhuoane het gesê inwoners het lede van die polisie en paramedici na die toneel ontbied. “Sy familie het hom geïdentifiseer waar hy aan die heining gehang het. Hy is op die toneel dood verklaar,” het hy gesê.

Polisielede het omstanders op die toneel ondervra en die 15-jarige seun is vinnig in hegtenis geneem. Die polisie soek nog na ander verdagtes wat glo ook lede van die Fire Boys-bende is.

Volgens Mokhuoane het die seun se pa ʼn verklaring afgelê, maar hy wou nie hê die seun moet onder sy toesig vrygelaat word nie.

Die seun sal in aanhouding bly en sal Woensdag in die Welkom-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eduard ·

Gedink bendes kom net in die oos Kaap en wes Kaap voor dis interesant Bloemfontein

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.