Tiener vas vir moord op ‘swanger’ meisie

Argieffoto

Die polisie in Limpopo het ʼn 17-jarige seun in hegtenis geneem vir die moord op sy 15-jarige meisie wat glo swanger was.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die seun se inhegtenisneming volg kort nadat die meisie se liggaam op Tafelkopberg in Motetema naby Groblersdal gevind is.

“Die meisie se liggaam is deur ʼn verbyganger op die piek van die berg gevind. Sy het verskeie beserings reg oor haar liggaam gehad,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe het die polisie vinnig gereageer en inligting opgevolg nadat voorlopige ondersoek daarop gedui het dat haar kêrel moontlik met haar moord verbind kan word.

“Die motief vir die moord is in die stadium nog nie duidelik nie. Die polisie ondersoek bewerings dat die verdagte glo die oorledene gedwing het om ʼn aborsie te kry omdat sy blykbaar swanger was.”

Die seun en die meisie was albei leerders aan Buleu High School in Motetema.

Die polisie het die meisie as Dimakatso Tlaka geïdentifiseer.

Die Motetema-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die verdagte moet Woensdag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

GR ·

In hierdie land van ons is dit ‘n groter misdaad om oor die spoedgrens te ry as om iemand dood te maak,elke dag word moord gepleeg en al wat gebeur dit word ondersoek en ondersoek en so gaan dit aan en aan

Ai ·

Wat n tragies storie. Kinders wat op so jong ouderdom al begin met sulke dinge, en dan nog moor ook omdat hy nie sy verantwoordleikheid wil nakom nie. Ouers weet nie altyd wat hul kinders aanvang nie maar as die fondasie reg is sal sulke dinge nie gebeur nie.

Mag sy in vrede rus. So jonk. Dis verskriklik.

Nettie ·

Wee’jy ………. Ek is nou soos Cherokee elders gesê het so kwaad dat ek nie eintlik WIL kommentaar lewer nie, maar ek dink wat ek wil sê, gaan ek maar sê sodat ek dit net van my kan afkry! Genugtig, hoe redeneer hierdie verdekselste nasie??? Jy het seks met ‘n minderjarige (dit was statutêre verkragting – kom ons sê sy was omtrent 14 toe sy kind gemaak het, na bewering), maar jy gebruik geen kondoom of voorbehoedmiddel wat GRATIS beskikbaar is by enige staatskliniek nie. Nou raak die meisie (‘na bewering’) swanger en dan maak jy haar maar dood, want jy het haar gedwing om ‘n aborsie te ondergaan, dus is moord die volgende op die lys. Eish, ja, met baie eish!!!

William Benade ·

Al wat ek kan se mense moet terug keer na God se woord want mens is Al moeg vir geweld as die nuus tv radio of koerante als negatief niks moois nie kom vat hande en bid vir ons land mense en kinders

jaco ·

Aborsie is dan wettig. En ‘n staatshospitaal sal dit gratis doen. Waarom dan moord pleeg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.